Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Suid-Afrika-Seer se Antwoord

Weet julle dat Ek vir julle wag
Liewe wêreld
Om te draai na My
Moet asseblief nie sê nee

Ek gee ongelooflik baie om vir julle
Sê Pappa
Ja elke volk
Nasie en taal

Pappa sê kom glo in My, asseblief
Almal van julle wat nog nie doen
Kom sien dat Ek die beste ding is
Wat met enige een se lewe kan gebeur

Ja sê ons Abba-God
Ja
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom vind

Julle moet asseblief ophou
Om mekaar so verkleineer
Die verskillende rasse-groepe
Dit is nie My hart

My liefste kinders
My hart vir julle land
Is vrede, hoop
Eenheid en als wat mooi is

Ek wil vra dat julle asseblief weer
Saam met My sal begin glo
In ‘n land wat weer sal blom
Van eenheid en vrede

Liefste kinders
Pappa se kinders
Dit is My hart vir julle land Suid-Afrika
En Ek wil hê dat julle dit sal begin weet

Abba se kinders, My kinders
Ek wil vra dat julle asseblief saam met My
Lewe oor julle land en sy mense sal begin praat
Julle het dit so nodig

Pappa se kinders luister
Ek wil hê julle land moet weer vanaf die grond af opstaan
Maar Ek het mense nodig
Wat saam met My sal begin werk

Liefste kinders asseblief
Luister vir My
Ek kan nie veel doen met die woorde van negatiwiteit wat julle saai
Maar met woorde vol van geloof daarmee kan Ek werk

Asseblief Abba se kinders
Luister vir My
Ek het nodig dat julle woorde van geloof en genesing
Oor hierdie land sal begin praat

Ek het dit nodig
Om julle land te herstel kinders
Ja kinders van vooraf
Wil Ek iets wonderliks opbou

Kinders luister
Asseblief
Ek het mense nodig wat saam met My werk
Nie mense wat hierdie land verder met hulle woorde afbreek

Geloofswoorde My kinders
Dit is wat Ek van julle nodig het
Geloof wat sê ek glo
Dit wat ek sê kan by ons God gebeur

Want ja sê Abba
Niks maar niks
Is vir My onmoontlik nie
Ek wil hê julle moet dit weet

Hou julle oë asseblief op My
Sê Abba Vader
En weet dat Ek self
Vir julle land intree

Ek het mense nodig sê Pappa
Wat in die bres sal bly tree
Mense wat sal sê
Duiwel ons sal die land nie aan jou oorgee

Abba se kinders, My kinders
Waar is julle?
Asseblief kan ons die wapens van Lig aangord
En baklei soos wat Ek weet werk

Kinders dit gaan nie meer werk
As julle soos die vyand
En sy manier wil baklei nie
Hy is dan net konstant besig om julle uit te oorlê

Nee My liefste kinders
Asseblief
Doen dit saam met My
My manier werk

Altyd sê Abba
Altyd
Ek gee om vir julle kinders
Dit is hoekom Ek vra

Hou gerus op vra Abba
Asseblief
Om My Raad
Van die hand te bly wys

Kinders van Abba
Verstaan julle nie
Ek is aan julle kant
Hoekom tree julle op asof julle dit nie glo?

Nee My liefste kinders, asseblief
Vertrou My hart
Net soos Adam en Eva
Moet nie na die slang luister

Ja sê Abba
Hy fluister in julle ore
Julle kan God nie vertrou
Maar kinders Ek is hier om te sê: julle kan!

Vertrou My liefste kinders
Asseblief
Bo Satan
Wat altyd besig is om te verlei

Ja sê Abba
Met woordjies wat so sag en soet klink
Met plannetjies van verwoesting wat Hy in jul harte plant
En dan sê dit kan werk

Asseblief kinders
Luister vir My
Pappa sê oorlog My kinders
Dit gaan nie werk

Hou asseblief op sê-vra Pappa
Om sulke planne aan mekaar te flans
Nee My kinders asseblief
God se manier

Kinders van My hart
Weet dit Ek het ‘n plan
Seën en nie vervloek
Sodat My wil kan seëvier

Abba se kinders
Ek weet wat Ek vra
Asseblief luister vir My
Sal jy God se manier vir ‘n slag probeer?

So baie kere wat Ek julle vra
Om net in My wil te bly beweeg
Tog bly julle eie kop volg
Die ding wat die meeste gebeur

Ai My kinders
Wanneer kry Ek My voet in die deur
Na My Raad wil julle net luister
Tot dit nie meer vir julle sin maak of julle nie daarmee saamstem

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
God se manier, jou manier
Wanneer gaan Ek volwaardig wen

Ek wens Ek het geweet
Hoe om julle oor te haal
Hoe om julle finaal te laat glo
My manier is altyd beter

Asseblief My liefste kinders, asseblief
Luister bietjie vir My
Ek wag vir julle om tuig neer te lê
My planne en drome vir hierdie land op te tel

Hoekom hou julle aan om teen My te werk
My kinders Ek verstaan nie
Ek wil so graag
Iets nuuts doen in julle land

Pappa se kinders
Daar is net ‘n handjie vol
‘n Handjie vol bereid om die verlede te laat staan
En oor te begin

Pappa se kinders
Asseblief
Ek vra julle
Was daar nog nie genoeg seer in hierdie land

Soveel bloed
Wat uitroep om vergelding
Soveel bloed wat sê
Asseblief genees die land

Pappa se kinders
Dit is wat Ek probeer doen
Elke liewe dag praat Ek met julle
Elke dag vra Ek julle kan ons asseblief die verlede agter laat

Ek is moeg om saam met julle
Agtertoe te kyk sê Pappa
My kinders dit maak dat ons nie kan aanbeweeg
Dit maak dat die nuwe môre net nie wil aanbreek

Pappa se kinders asseblief
Ek vra julle
Laat die verlede staan
Kom ons begin oor, nuut en vars

Ja sê Pappa daar is baie van julle wat nou sê
Dit is onmoontlik
Hoe vergeet ons wat agterlê
Dit het ons dan gebring tot hier

Liefste kinders asseblief
Laat die verlede lesse wees
Wat julle nooit weer wil laat gebeur
Laat dit bakens wees wat sê ons gaan nie daarna terugkeer

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Ek weet daar was baie seer
En Ek weet daar is nou nog stukkend-wees in julle harte daaroor

Tog wil Ek vandag vir julle kom hoop gee
My liefste kinders
My Seun se bloed
Kan Suid-Afrika se seer genees

My liefste kinders, Pappa se kinders
Kom kry daardie vergifnis wat jy net nie
In jou hart kan opspoor teenoor ‘n ander
Kom vind dit by die voete van die kruis

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Ek wil hê julle moet weet
Ons kan saam hier oor

Die verlede se sonde en seer
Wat julle land Suid-Afrika vollê
Is nie groter
As My Seun se bloed en genesing nie

Sy bloed het gevloei My kinders
Sodat julle land Suid-Afrika
Genesing kan ontvang
Asseblief My kinders draai terug na My

Kom ons doop julle land saam
In die bloed van My Seun
Kom ons vra vergifnis vir al die verkeerd
En kom ons begin saam oor

Pappa se kinders asseblief
Luister vir My
Dit IS moontlik
Moenie sê dit is nie

Al hoe jy so kan sê
Is omdat jy nie genoeg vetroue
In jou God
En Sy wonderwerkende krag het nie

Kind luister
Ek Suid-Afrika
Ek
Ek is groter as AL die smart in Suid-Afrika

Ek gaan vir julle wys My kinders
Wat Ek kan doen in en deur mense wat saam met My werk
Ek wens net Ek kon jou hoor sê
Ek wil, ek kan, ek gaan saam met My Koning bly werk

Totdat die gees van vrees en dood
Uitgewis is in ons land
Sal ek saam met my Pappa staan
En op Sy manier baklei en NIE my eie nie

Amen.

Word vandag deel van die Speak Life SA gemeenskap, ook op Facebook & via e-mail. Blessings vriende! x p.s. my hart was so happy die dag toe Vader my op hulle page laat land, gebore in God se hart! 😀 (http://www.speaklifesa.co.za/)

speaklifesa

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s