Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Reis terug na die Tuin

Ek wens ek wou meer ja sê
Vir dit in God se hart
Ek wens ek was nie partykeer bang
Om uit te vind wat daarbinne lê

Partykeer verlam vrees vir God ons so
Dat ons skoon bewe
In Sy teenwoordigheid
Of om net aan Hom te dink

Ek wens dit was nie so
Tog weet ek dit is
Die resultaat van die sondeval
Oe en het ons vêr geval

Op ‘n plek waar ons omring was
Deur Perfekte Liefde
Tot op die plek waar ons nou is
‘n Reis terug na die Tuin

Kinders van My hart
Julle het so vêr geval
Julle harte het in vrees verval
Die oomblik toe julle vir die vyand se leuens begin ja sê

Ja sê Abba sien
Dit is wat die leuens van die wêreld en vyand
In julle harte en ore doen
Dit laat julle voel so minderwaardig

Ja sê Abba
Sleg oor julleself
Want julle kan self sien
Ek is nie God se goedheid waardig nie

Kinders tog wil Ek vandag vir julle vertel
Selfs al is dit ‘n reis terug
Na die Plek waar Volmaakte Liefde heers
Julle is op die oomblik so geliefd

Weet dit sê Abba
Glo dit
Selfs al voel dit partykeer vir jou so vreemd
Selfs al kan jy nie dink dat sulke mooi gemeenskap met My moontlik is

Weet dit sê Abba daar diep binne
In die stukkie van jou wat behoort aan My
Dis altyd My Gees in jou
Wat jou daaraan sal herinner

Dat jy vir My kosbaar is
Dat jy geliefd en wonderlik is
Dat Ek sommer
Baie van jou hou

Ja sê Abba Vader die vyand se hart was
Om die eenheid tussen ons te breek en hy het dit reggekry
Maar dit is niks wat My Seun se bloed nie kon herstel
En dit is waarmee ons tot en met vandag besig is

Om daai eenheid tussen jou en My net weer op te bou
Ja My kinders dit is groot
Dit is mooi en dit is moontlik
Deur die dood van My Seun

Ons genade is so groot
Dit het julle, verlore kinders, gaan haal
Iets waaroor Ek so dankbaar is
Want jy is baie spesiaal vir My

Kind jy hoef nie bang te wees
Jy kan altyd kom net soos wat jy is
Weet asseblief dat dit makliker raak
Soos jy groei in My liefde vir jou

Kind jy moet altyd weet
Ek is konstant besig om julle waarde te herstel
Wie julle was in die begin
Wie julle is in My Seun

Liefste kinders
Weet dit asseblief
Geen onderskeid kan daar getref word tussen My kinders
Nie een is beter as ‘n ander

Weet dit asseblief vandag
Wat Ek doen vir een
Sal Ek doen vir ‘n ander
Abba se kinders dit moet julle weet

Bring julle gebrokenheid vir My
Al die stukkend-wees
Laat toe dat Ek jou met My liefde vul
Kind laat toe dat Ek jou genees

Pappa se kinders
Julle is so volmaak geskape
Weet dit en weet asseblief ook altyd
Dat Ek by julle is

Julle is vir My so so waardevol
Niks anders kan daarmee vergelyk
Kom vind uit wie jy in My Seun is
En leef jou identiteit as kind van Abba-God

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Reis terug na die Tuin”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s