Blinde oë, Liefde so groot, Lofprysing

Moeite werd se vra

Weet julle wie is die Een
Vir wie my hart bly sing
Loflied na loflied na loflied
Hy is die Enigste Een

Dis omdat daar niemand is soos Hy nie
Hy is die heelbeste een
Die een sonder wie ek nie kan nie
Die een sonder wie ek nie ooit wil

Abba se kind
Dit bly vir My die grootste voorreg
Om jou kind van God te noem
Die een vir wie Ek baie lief is

Dankie kind van God
Dat jy ja gesê het vir Pa
Dat jy My na diep binne genooi het
Dat jy My toegelaat het om vir jou ‘n nuwe begin te gee

Kind dit is mooi, so mooi vir My!
Wanneer ‘n verlore kind
Seun of dogter
Hulle vertroue in My kom sit

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Daar is geen groter vreugde
As wanneer ‘n sondaar sy weg terug na Sy hemelse Pappa vind

Dit maak My hart so bly
Gee Hom soveel hoop
Dat daar darem nog kinders is
Wat hulle hoop sit op My Seun

Ja My Seun het die kruis nie verniet gedra
Hy het nie sommer verniet gely
Nee elke bloeddruppel is die moeite werd
As ons net nog ‘n kind van die ewigheid-sonder-My kan bevry

Ja alles is die moeite werd
Elke keer as ‘n verlore kind sê ja
Ek sou dit weer doen sê Abba
Selfs al sou net een persoon sê ja

My liefde vir hierdie wêreld
Is genoeg
Ek sou almal
Weer ‘n kans gee

Ja sê Abba-Vader dit was nie baie maklik
So moeilik! om My Seun te sien ly
Tog elke keer as iemand ja sê dan besef Ek net weer
Die pyn en lyding dit was dit werd

Ja sê Abba Ek glo in julle
Dis hoekom Ek julle ‘n kans gegee het
Om reg te kies
Om My weer ‘n kans te gee

Seun, dogter van Abba-God
Ek wil hê jy moet weet
Dit was alles die moeite werd
Selfs My sweetdruppels wat bloed geword het

Kinders weer sou Ek dit doen
Deurgaan vir jou
Selfs al was jy die enigste een
Sou Ek weer die prys vir jou sonde gaan dra

Hoe doen mense dit vra Abba
Hoe draai hulle hul rug
Op My Seun se kruisdood
En die prys betaal?

Ek verstaan dit nie
Sê Pappa-God
Ek verstaan dit nie
Hulle weet so nie wat hulle wegwys

So baie kere wat mense rondvertel
Wat hulle glo
Mense gaan hel toe omdat hulle
Nee gesê het vir My Seun en Sy kruisdood

Kinders julle het die kat
So aan die verkeerde stert beet
As julle daai nonsens glo
Julle weet voorwaar nie wat die waarheid is

My Seun wat gekom het
Was om jou te red van die verderf
Na jy ja gesê het vir die loon van sonde
Toe jy die vrug van die boom van kennis van goed en kwaad eet

Jong dit is vir julle altyd so maklik
Om vingers na My te bly wys
Tog verstaan julle nie
Skuld lê voor julle eie deur

Gaan vee bietjie daar
Sê Abba-God
Voordat jy by My
Die fout kom soek

Ek kan nie eers glo
Ek probeer met jou redeneer
Dis seker net My liefde vir jou
Wat maak dat Ek probeer

Ek is lief vir jou
Seun, dogter
Jy wat nie glo
En Ek is jammer vir al die seer jou hart al aangedoen

Ja sê Abba-Vader
Ja My kind Ek weet
Dit was seer
Jy is nou nog stukkend daaroor

Sal jy My asseblief daarvoor vergewe
Selfs al is Ek nie te blaam
Wil Ek namens die verkeerdes
Jammer sê

Seun, dogter as dit gaan help dat jy laat gaan
Van daai groot vinger van skuld wat jy na My toe wys
Dan doen Ek dit met graagte
Geen probleem

Ek wil eintlik net kom vra
Vind
Vind asseblief uit wie Ek rerig is
En hou op om al die twak wat jy oor My glo te glo

Kind jy glo nie die waarheid nie
En Ek wil hê jy moet dit weet
Begin asseblief om jou hart vir My oop te maak
Tree vir tree

Kind Ek is lief vir jou
Dit is wat maak dat Ek nie kan opgee
As die brief jou irriteer…
Ek is jammer

Ek gaan dan ten minste nie
In die ewigheid verskoning hoef te vra
Dat Ek nie genoeg probeer het
Om jou oë oop te maak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s