'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Hoop van die eeue

Sluit oop jou hart
Asseblief
Kan ons oorbegin
Ek wil so graag inkom en alles vir jou beter maak

Het julle geweet
Kinders van die wêreld
Dat Ek die Groot Geneesheer is
En dat Ek jou hart baie graag gesond wil maak

Baie mense sê Abba
Het deur die verloop van die eeue
Hulle hoop in My kom sit
Nie een van hulle was waarlik spyt

Ja sê Abba
Al moes baie van hulle ‘n prys betaal
Om My te bly ken
Het hulle dit met graagte gedoen

Dis omdat baie kinders van die wêreld
Al geleer het
Ek is ‘n getroue God
En hulle kan My vertrou

Kinders van die wêreld
Ja julle wat nou op aarde leef
Sal julle ook kom
My heelhartig innooi

Sal julle hulle voorbeeld volg
Sal julle sien dit is nogsteeds
Die beste ding wat iemand kan doen
Sal julle kom vind Ek is nogsteeds die Ware Een

Ja sê Abba deur die eeue heen
Het mense maar altyd die manier
Om te glo wat hulle wil glo
Al is dit so verkeerd

Ja sê Abba Vader
Baie mense maak vandag nog so
Dis altyd vir julle beter om nuwe teorieë aan te hang
As om op die ou goue weg te bly

Ja sê Abba Vader
My liefste kinders
Ek sien julle wat bly afdwaal
En nie julle weg terug na My wil vind

Kinders julle maak dit vir julself so moeilik
Byna ondraaglik
Om die lewe te geniet
Met al die verkeerde goed wat julle glo

Hoekom bly dit vir julle so maklik
Sê-vra Abba
Om julle rue op My en My waarheid te keer
En ander waarhede te probeer

Liefste kinders
Het julle nog nie gesien
Het julle nog nie gevind
Asseblief kom kyk

Kom soek My sê ons Hemelse Vader
En julle sal sien dat die lewe saam met My
Glad nie so sleg is soos wat julle dink
Dis eintlik een groot plesier

Julle doen so verkeerd
Sê Abba Vader
Deur met minagting
My pad te bejeën

Julle wat dit doen
Julle het voorwaar geen idee wat julle doen
Om weg te draai van My
Is so die verkeerdste ding

Kom
Kom glo My asseblief soos ‘n kind
Kom vind uit, maak dit jou eie
Dat Ek die enigste god is wat ewig leef

Want ja sê Abba-Vader
Julle hoop vir geluk
Sit julle altyd op so baie dinge
Tog wil hulle net nie lekker werk

Dis omdat nie een van hulle My volheid besit
Asseblief Abba se kinders
En die van die wêreld
Sit julle vertroue net in My

Ek wil julle meer gee
As waaroor julle kan droom
Ek wil julle wys en leer
Wie Ek rerig in My binneste is

Baie van julle wat
Verkeerd oor My glo
Baie van julle wat nie wil kom
As gevolg van daardie rede

Asseblief kind
Kom uit
Kom vind
Ek is die Lewendige Een

Niemand sê Abba
Sal ooit-ooit met My kan vergelyk
Ek is die enigste een
Wat so absoluut wonderlik is

Ja wêreld Ek kom vra julle
Vertrou My hart
Daai deeltjie van jou hart wat nog in goedheid glo
Weet asseblief dit is Ek

Dis Ek wat hierdie wêreld mooi maak
En nie andersom
Weet dit asseblief
Kom sit ‘n bietjie by My stil

Laat My toe om vir julle te vertel
Hoe die begin van geskiedenis lyk
En ook die einde daarvan
Weet Ek is elke oomblik naby

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Julle moet weet Ek is te vertrou
Besluit asseblief om nader te kom

Soos Ek gesê het
Niemand is ooit spyt hulle het nader gekom
As hulle is
Wel dan het hulle My nie rerig geken

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s