Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

God se waarheid

Genade onbeskryflik groot
Het ons Hemelse Vader aan ons bewys
Ek wens meer mense wou dit glo
Ek wens meer mense wou kom ja sê

Ek wens dit was anders sê Pappa
Ek wens rerig dit was anders
Kinders julle is altyd so vinnig om die verkeerd te glo
Hoekom is dit altyd so?

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Kan julle nie sien
Verhese staan Ek uit bo alle ander

Ek kan nie glo dat die wêreld en sy dinge
Die vyand en sy manier
Julle so blind kan hou
Julle so weg kan hou

Van waarhede in My hart
Diep waarhede My kinders
Ewigheidswaarde
Die antwoorde op julle vrae

Liefste kinders
Sal julle asseblief kom
Net ‘n bietjie My manier kom probeer
Net ‘n bietjie vir My begin ja sê

Pappa se kinders asseblief
Glo nie soos die wêreld vir julle sê
Glo anders
Glo God se manier

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Ek is anders as al die ander sê Pappa
Al die ander gode wat julle so dikwels aanhang

Ja sê Pappa
Dis altyd so maklik vir die kinders van die wêreld
Om My onder dieselfde kam te skeer
Dis hoekom so baie graag glo dat daar nie ‘n God is

Kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Ek wil hê julle moet weet
Dat dit soveel anders is as wat julle glo

Ja My liefste kinders
Ja
Ek is die Begin, Ek is die Einde
En alles tussen-in

Sonder My was daar nooit ‘n wêreld
Of die mooi daarin
Ek is die mooi in hierdie wêreld kinders
Wanneer gaan julle dit sien

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Julle moet asseblief begin reg glo
Julle moet begin glo soos Ek van julle vra

Dis altyd hoe julle vind kinders
Altyd
As julle My manier
Die regte manier kom naspoor

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Ek wil nie meer hê dat julle so verlore moet voel
Tussen al die leuens wat hierdie wêreld oor My vertel

Ek is meer as dit liefste kinders
Soveel meer sê Pappa
Kan julle nie sien nie
Hoekom wil julle nie glo?

Ek is beter sê Pappa
Beter as die beste god waarvoor enige iemand ooit kon vra
Maar hoe gaan jy dit uitvind
As jy nie wil kom glo

Asseblief kinders van My hart
Die van die wêreld ook
Kom glo reg
Kom glo dat Ek alles is

My liefste kinders
Ek gee om vir julle
En Evak wens, Ek wens net julle wou rerig
Reg kom glo

Soveel dinge kom reg
Wanneer My kinders
En die van die wêreld
Net besluit om reg te glo

Moenie agterweë bly nie
Asseblief kinders van My hart
En van die wêreld
Kom vind My, rerig

Ja sê Pappa
Baie kere dat selfs My eie kinders
Begin twyfel in My en My waarhede
Wanneer hulle die leuens wat die wêreld oor My vertel begin glo

Nee liefste kinders
Pappa se kinders
Ek wil nie hê dit moet so wees
Ek wil hê julle moet in My waarheid gegrondves wees

Ja sê Pappa
Maar Ek weet
Die wêreld leer julle iets anders
Sy sê vir julle dat daar nog vele ander en tyd oor is

Pappa se kinders
Kan julle nie sien
Wil julle nie weet
Julle is so, so verkeerd

Pappa se kinders asseblief
Kom glo reg oor My
Kom glo dat Ek die antwoord is
Op al jou vrae altyddeur

Pappa se kinders
Asseblief kom vertrou My hart
Kom vind uit wie Ek rerig is
Ek lief julle so baie

Ek het julle al lief gehad
Nog voordat die wêreld ooit begin is
Dis hoekom Ek aanhou om julle te kom haal
Dit is hoekom Ek aanhou roep

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Julle moet asseblief ophou om vir My en My volheid
Aan te hou nee sê

Pappa se kinders nee asseblief
Begin ja sê
Begin toelaat dat Ek jou die wonderlike dinge in My hart leer
Dat Ek jou deel daarvan begin maak

Pappa se kinders
Ek gee om vir julle
So baie, so baie, so baie
Sal julle dit asseblief glo

Begin om waarheid te glo
My kinders
Begin om My te glo
Met jou alles

Ek is die Waarheid
Sê Pappa-Vader
Waarmee geen ander
Ooit kan vergelyk

Sal julle asseblief begin glo
Ja begin sê
Ja vir My en al die wonderlike waarheid
Wat Ek julle wil leer?

Standvastigheid vanself
My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Dit is wie Ek is, julle kan dit gerus maar glo

Moenie ooit ooit bang wees
Om nader aan My te kom
Dis nie nodig nie My liefste kinders, nooit nie
Kom net deur My Seun

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Jesus se bloed sal vir My altyd meer as genoeg wees
Want dit is wie Ek is, self

Ja sê Pappa-God
Jesus het aarde toe gekom
God self het die aarde deur Hom bewandel
Dit is wat Ek wil hê julle moet sien

Hoekom hou julle aan om nie te glo
Kinders julle maak dit so so moeilk
Vir julle
En ook vir My

Kinders
Pappa se kinders
Ek het gekom sê Jesus
Om vir julle Vryheid te gee

Hoekom hou julle aan
Om nee daarvoor te sê
Kinders asseblief moet dit nie meer doen nie
Begin asseblief om reg te glo

Begin om dinge reg te sien
Want kinders
Soos julle sien
Dit is so verkeerd

Julle het die verkeerde prentjie
Julle het die verkeerde kat aan die verkeerde stert beet
Kom asseblief, kom glo
En laat My toe om vir jou reg te leer

Moenie meer nee sê nie
Asseblief sê ja
Vir ‘n slag
Asseblief ja

My kinders Ek glo in julle
Ek weet dat julle kan kom
Ek het daardie vermoë in julle harte gesit
Ek weet dat julle dit kan regkry

Al wat nodig is om te gebeur
Is dat julle net op julle knieë neersak
En net sê en bely
Jesus Ek het U so nodig, asseblief kom in

Pappa se kinders asseblief
Dis al wat nodig is
Dit is nie so moeilik nie kinders
Asseblief sê vir My julle sien

Julle sien dat Ek die waarheid is
Julle sien dat Ek die antwoord is
En dat julle bereid is
Om die Lig te betree

Pappa se kinders
Dit is wie Ek is
Die Ewige Lig
Julle Hemelse Vader

Dit is wie Ek wil wees
Vir elkeen
Wat My die voorreg sal toelaat
Om hulle Abba se kind te noem

Ja Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Kom asseblief nader
Kom asseblief nader en kom weet dat Ek in jou glo

Jy kan ‘n ware kind van My wees
Jy kan
Net Jesus se bloed
En jy wat dit glo

Kom nader kind
Asseblief kom nader
Kom glo, rerig
Dat Ek – en Ek alleen – die Enigste en Ewige Antwoord is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s