Blinde oë, Nuwe hoop

Dooie geskenke

Lank genoeg wat julle terughou
Asseblief My kinders
Kinders van My hart en die van die wêreld
Ek wil nie hê dat julle meer so moet terughou

Ek het julle geformeer sê Abba-Vader
Met soveel potensiaal
Tog is daar van julle sê Abba
Wat net konstant aanhou met wegdraai

Moet asseblief nie meer
Julle harte en gesigte vir My verberg nie
Abba se kinders kan julle nie sien nie
Ek die Ewige God Ek glo in julle

Ek glo in julle meer as wat enige mens ooit kon
Dit is wie Ek is sê ons liefdevolle Abba Vader
Die Een wat in die hemel en julle harte woon
Die Een wat waarlik omgee

Vir jou en elkeen sê Abba Vader
Is My liefde so baie groot
Ek wens net rerig julle wou kom en julle alles
Voor My begin blootlê

Abba se kinders
Ek glo in julle
Ek weet julle kan
As julle net die potensiaal kon sien wat in julle kan leef

Ja sê Pappa
In baie van My kinders se lewens
Lê My gawes en geskenke dormant
Want My kinders wil nie ja daarvoor sê

Liefste kinders
Sal julle asseblief nie meer nee dankie daarvoor sê
Sal julle dit asseblief nie meer die deur bly wys
Sal julle hulle veel eerder innooi en omhels

In elkeen van My kinders se lewens
Sê Abba-Vader
Het Ek die vermoë gesit
Om My te glo en My te kom volg

Pappa se kinders asseblief
Asseblief sê ja vir wat Ek vir jou beplan
Die wonderlike planne en drome wat Ek vir jou lewe het
Sal jy asseblief begin om daarin te glo?

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Dit is nog nie te laat
Al wat nodig is, is dat jy weer begin glo

Ja sê Abba-Vader begin glo
Dat die beste wat jy kan beleef
Nog nie verby is nie
Maar dat hulle nog kom

Want ja sê Pappa-Vader
Dit is hoe dinge by My en in My Koninkryk werk
Die mooiste mooi en beste bes
Lê altyd nog voor

Pappa se kinders
Glo My asseblief
Kom net soos jy is
Net soos jy is en weet jy is goed genoeg vir My

Weet jy, besef jy, verstaan jy
Ek die Lewendige God
Van Hemel en Aarde
Ek glo in jou

Ek vra jou om hierdie waarheid toe te laat
Om ‘n diep plekkie
En veilige vesting
In jou hart te kry

Ja sê Pappa Vader asseblief
Laat My drome toe
Om jou hart te begin verbly
Laat toe dat hoop se vlamme weer begin brand in jou hart

Ja Pappa se kinders
Altyd-altyd is dit My hart
Om die beste vir julle te gee
Om julle te laat uitsien na dit wat nog voorlê

Dit is hoekom hoop en My blydskap
So ‘n pragtige mooi geskenk bly
Pappa se kinders asseblief weet
Dit is wat Ek wil aansteek in julle harte

Kinders wat altyd glo
Kinders wat bly en dankbaar bly
Selfs al kom klop tornado se storms, verwoesting
Aan hulle deur

Ja sê Pappa
Kinders dis nie omdat dit nie seer maak nie
Dis omdat hulle besef dat selfs in die donkerste storm
Ek is en bly in beheer

Dis omdat hulle weet
Ek groter is
Dis omdat hulle besef
Daar is niks wat Ek nie kan doen

Sien sê Abba dis altyd My hart
Om hoop en verwagting
In My kinders se harte te laat posvat
Om dit nooit te laat doodgaan

En al hoe dit gebeur sê ons Koning
Is as julle My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Aanhou om julle oë op My te hou

Ek weet van julle
Ek weet van julle
Ek sien julle
Kinders sal julle dit asseblief weet?

Kind daar is geen, geen struikelblok
Wat groter is as Ek nie
Geen een
Saam met My sal en kan jy altyd oor

Bo-oor al die berge wat jou wil vashou
Bo-oor al die reuse wat jou wil terug hou
Nee liefste kinders
Saam met My kan julle dit altyd maak

Dis omdat geen niks, nie ‘n enkele ding
Ooit groter as Ek is of kan wees
Ek is die Ewige
Ook die Een wat verstaan waardeur jy nou in jou lewe gaan

My hart is altyd hoop
Om nuwe hoop aan julle te gee
Wees sterk kinders van My hart en die wêreld
Kom soek en vind met jou alles wie Ek eintlik is

Daarom wil Ek jou aanmoedig
Kind moet nie opgee nie
Hou vas en weet
God is … altyd daar, altyd in beheer

Dit sal ons harte bly glo
Die Waardige Een wat leef
Die Ek Is wat altyd was en altyd sal wees
Die Enigste Ware Een

Geluk wat in my hart woon
Als omdat ek kon sê ja
Ja vir my Pappa-God
Ja Hy kan maar in my woon

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s