Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Kerk van Christus

Godsdiens van die wêreld
Lyk so mooi
Tog het hulle al lankal
Vir My en My krag verloor

Kinders van die wêreld
Julle moet julle hoop
Nie in geboue en strukture sit
Ek is die waardige een

Ja sê Abba aan Sy kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle is My ware kerk
Die van julle wat My boodskap en Lig uitdra

Ja sê Abba Vader
Baie kere dat dit mense verwar
Ek is nie ‘n gebou nie
Ek is die lewendige God

Ek werk al lankal ook
Buite die mure van die kerk
Het julle dit nog nie gesien
Of ook so gevind?

Ja sê Abba vir Sy kinders
Julle is My ware kerk
Julle wat waarheid bly leef
Of dit nou binne of buite ‘n kerk-gebou is

Ja sê Abba-Vader
Die evangelie van My Seun
Strek oor grense heen
Dit vertel van eenheid in harte wat mense nie altyd kan sien

Ja sê Abba
Daar is so baie kerk-genootskappe
Tog bly My Woord sê
Een geloof, een Here, een doop

Ja sê Abba-Vader
My kinders Ek wil nie hê
Dat julle moet afkyk op mense
Wat nog nie ten volle soos jy glo

Ja sê Abba-Vader
Ek is in baie kerke
Met baie mense besig
Om hulle tot die volheid van geloof in My te probeer bring

Wys jy eerder
Jesus-vreugde
Wys jy vir hulle
Hoe ‘n ware kind van God daarna uitsien

Ja sê Abba-Vader
Kom ons maak dit iets
Waarmee Ek hulle nog nader
Aan My en My waarheid kan trek

Kinders asseblief
Die onenigheid wil nie altyd werk
Ek wil veel eerder vra
Kan ons nie saamwerk

Ja Ek weet sê Abba-Vader
Daar is vals kerke ook
Mense wat leringe verkondig
Wat glad nie waarheid is

Sal julle asseblief vir hulle bid
Eerder as om te vervloek
Sal jy My vra om hulle oë oop te maak
Hulle gees waarlik te verkwik

Dit bly My verstom sê Abba
Hoe maklik mense en die wêreld mekaar kan bly afbreek
Kinders verstaan julle nog nie
Daar is krag in elke woord wat jy sê

Ek wil vra sê Abba
Dat ons – julle en Ek
Ons sal besig hou
Met dit wat opbou

Ja sê Abba
Dit is wie Ek is
‘n God wat opbou en nie afbreek
Of dit nou met My woorde of dade is

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Sal julle asseblief kom
Glo soos wat Ek glo

Daar is een waarheid
Sê ons Abba Koning
En Hom sal jy net
In My hart van waarheid vind

Ja kinders sê Abba
Kom dus asseblief nader aan My
Kom glo in alles soos Ek
En weet Ek is die Een wat Ware Lewe in My hand vashou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s