Blinde oë, Liefde so groot

Pa wag vir jou

Soveel kere wat My hart wonder
Hoekom mense nee sê
Hoekom hulle weier om te vind
Ek verstaan dit nie aldag nie

Kinders van My
Asseblief kom sien
Dat Ek beter is as jou beste drome
Dat niks of niemand met My kan vergelyk

Weet jy kind dat jy ‘n Hemelse Pappa het
Wat na jou verlang
Wat so graag wil hê jy
Moet net weer jou pad terug na Hom vind

Kind Ek roep nou al vir jare na jou
Jy hou aan weier
Jy hou aan om nie te weet
Waarvoor jy eintlik nee sê

Jy weier die mooiste dinge
Seun, dogter
Soveel vreugde wat in jou hart wil kom woon
Hoop en vrede ook

Die vrede in jou hart
Seun, dogter
Kan nie met Myne vergelyk
Myne is soveel beter as wat die wêreld gee

Kind kom glo My asseblief
Kom maak jou hart vir ‘n slag oop
Kom sien dat jy so verloor
Omdat jy nie vir My en My mooi-wees wil ja sê

Kind Ek wag vir jou
Jou Hemelse Pappa
Wil so graag hê jy moet vind
Dit begin als by ‘n ja

Moet asseblief nie aanhou
My kind
Om so verlore te bly voel
Weet dit Ek wag vir jou

Ek wag om jou
Seun en dogter van My Koninkryk te noem
My kind
Sal jy asseblief kom?

Kom asseblief
Nog ‘n bietjie
Kom sien dat Ek al so lank
Op jou blye terugkeer wag

Weet jy kind … dogter, seun
Dat daar min dinge is wat My blyer maak
As ‘n verlore kind
Weer terug by die huis

Ja oorgawe van hart bly so mooi
Dit bly so mooi wanneer mense
Hulle harte oopmaak en My na binne nooi
Soos wat jy sopas gedoen het

Dankie liefste kind
Dankie daarvoor
Dit maak My hart oorvloedig bly
Dat jy terug gekom het na jou hemelse huis

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s