'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Skitter-God

My hart is seer
Sê Abba
Oor mense wat nie wil hoor
Mense wat hul hartsdeure vir My bly toesluit

Kinders het julle nie geweet
Ek is die Enigste Een
Jou Hemelse Pappa
Wat in jou hart wil woon

Ek besef
Baie van julle het nie so groot geword
Baie van julle het nie eers geweet
Daar is ‘n God wat jou so baie liefhet

Kan ek dit dan
Vandag aan jou vertel
Kan ek vir jou kom sê
Dat ‘n Ewigheid saam met My in jou hande lê

Dis ‘n groot besluit
Wat jy moet neem
Liefste kind
Die belangrikste een van jou lewe

Ja sê Abba-God
My Seun het Ek gestuur
Om jou te bevry van die skuldelas
Wat jy vir jou sonde moes betaal

Ja sê Abba-Vader
Almal het gesondig
En dit ontbreek hulle
Aan die heerlikheid van God

Sien kind daar was ‘n straf uit op jou naam
Een wat jy net met jou lewe kon betaal
Maar toe sê My Seun
Nee Hy sal dit vir jou doen

Kind Ek het Hom toe gestuur
Om in jou plek die rekening te vereffen
Sodat jy vry kon wees!
Van die sonde en die dood

Tot vandag staan Sy oorwinning steeds
Tot vandag hou dit aan getuig
Die Seun van God was hier!
Hy het gely, gesterf en toe weer opgestaan

Sonder Jesus
Het ons nie ‘n kans gestaan
Om ooit weer rein
In God se teenwoordigheid te staan

Ja alles het Jesus
Kom nuut maak met Sy bloed
Aan ons het Hy
Die Ewige Lewe kom skenk

Daarom sal ek aanhou vertrou
Ons God se hand styf bly vashou
Waarlik vir Hom leef
Nie meer vir ‘n sekond terughou

Want ek weet
My God leef!
Jesus het uit die dood opgestaan
En Hy kom weer

Kinders van My hart
Julle moenie ophou om dit te glo
Ek wag vir julle en eendag gaan ons weer
Saam wees in My hemelse huis daarbo

Lê neer als wat weer
Skeiding tussen ons wil bring
En weet net
Ek gee waarlik om

Ek het alles kom nuutmaak
Seun, dogter
Vir jou
En almal wat sou glo

Dankie dat jy kom
Dat jy My toelaat om jou te bevry
Die duurste prys het My Seun kom betaal
Om jou vry te maak!

Eer Hom dan
Wees dankbaar
Ons gee om vir jou
Mag jy elke dag meer en meer weet presies hoeveel

Groei in ons liefde vir jou kind
Weet dat jy spesiaal is
Weet asseblief
Jy is gemaak om te vind

Sal jy asseblief ja sê
Om te kom vind
Dit wil ons Pappa
In die hemel weet

Seun, dogter van die wêreld
Raak jy nie al moeg
Die wêreldse gesoek
Na eintlik niks

Kinders van My hart
Kom luister asseblief hier
Daar is niemand soos Ek
Die Een wat met groot diepte in jou hart wil woon

Kinders asseblief
Kom luister vir My, kom vind uit
Dat soveel van die wonderlike goed wat mense oor My sê
Waarlik die waarheid is

Kinders Ek wil vra
Dat julle asseblief sal begin soek
Sodat julle waarlik kan vind
Die mooiste skatte ooit

Het julle geweet
Besef julle
Dat niks ooit
Met My kan vergelyk

Ja kinders van Abba
Luister asseblief vir My
Ek het gekom
Sodat ons in verhouding kan staan

Abba-God sê
Kinders kom nader asseblief
Kom vind die goud in My hart
Kom vind uit wie Ek waarlik is

Lank genoeg
Sê Abba
Dat mense My misgis
Met die verkeerdste God

Ja sê Abba-Vader
Daar is soveel mense wat verkeerd oor My glo
Ek wil hulle daarop wys
Groter duidelikheid bring

Ek is nie wie baie mense dink Ek is
Ek is diep in al My weë
Waarlik mooi
My liewe kind

Pappa se kind
Sal jy dit asseblief begin glo
En meer van My
Kom ontdek

Kom ontdek
Wie Ek is daarbinne
Kom ontdek dat Ek in al My weë net mooi is
Skitterend inteendeel

Pappa se kinders
Ek is soveel anders
As wat mense glo
En Ek wil hê dat julle dit weet

Julle glo so verkeerd oor My
Liewe wêreld
Tog sal so min van julle bereid wees
Om te erken julle was verkeerd

Min sal jammer sê
Min sal sê God vergewe my
Ek wens dat dit kon anders wees
Tog Ek is nie so seker nie

Kinders sal julle My verkeerd bewys
Asseblief kom nader
Kom sien dat Ek die mooiste God is
Skoon en rein in al My weë

Dis partykeer vir mense so moeilik
Om na My te bly kyk
Om My te vertrou
Met alles wat hulle het

Ja sê Abba-Vader
Ek weet
Dis omdat hulle My nog nie ken
Soos wat Ek graag wil hê

Ja sê Abba-Vader
Ek is konstant besig om mense nader te nooi
Konstant
Tog weet Ek nie

Min van julle sê ja
So min van julle
Ek wens dit kon anders wees
Rerig Ek doen

Kinders van My hart
Kinders van die wêreld
Is julle bereid om nader te kom
Is julle bereid om te sê ja

Kinders
Ek gee so baie om vir julle
As julle dit net rerig wou weet
En julle eie wou maak

My kinders
Julle moet julle harte, oë en ore
Afhaal van mense
Die wêreld en haar dinge

Moenie net glo
Wat die wêreld vir julle sê oor My nie
Wees dapper, wees redelik
Kom vind self uit

Ja sê Abba
Ja
So baie kere wat mense net glo
Wat ander mense vir hulle sê

Kinders julle is so verkeerd
Julle mis so uit
As julle net kon besef
Dan was julle al lankal hier

Kinders asseblief
Luister vir My
Kom asseblief
Kom glo soos ‘n kind

‘n Kind is so opreg
‘n Kind is so oop
Dit is rerig
Wat Ek so baie van hulle waardeer

‘n Kind kan jy dalk mislei
Maar iewers gaan hulle uitvind
Hierdie oom of tannie het vir my gejok
Met My sal dit nie ooit so wees

Ek kan mense nie bedrieg nie sê Abba
Al wil Ek probeer
Ek kan nie
Ek kan dit net nie regkry nie

Sal jy My asseblief
Op My Woord kom neem
Sal jy asseblief kom sien en vind
Wat Ek sê dit is so waar

Ja sê Abba-God
Ja
Ek weet dis dikwels vir die mense in die wêreld
Moeilik om hulle oë op My te hou

Kinders dis omdat julle My nie ken nie
Dis omdat julle My nie vertrou
Julle weet nie wie Ek rerig is
Dat My hart net goud is

As julle net die waarheid kon vind
Dit sou julle waarlik vry maak
Kinders ‘n nuwe begin
Dit is My hart vir elkeen

Is dit waarna jy soek
Verlang? Smag?
Kinders by My Seun se bloed
Word alles nuut voorwaar

Kom plaas dan asseblief
Julle vertroue in My
Kom sien kind, kom sien
Ek wil nie hê jy moet verloor

Ek wil julle wenners maak
In en vir die lewe
Deur My is dit so maklik
Want saam met My is niks onmoontlik

Kinders asseblief
Kom vind My
Kom leef vir My
Vind uit wie Ek waarlik is

Asseblief moenie net half-pad ophou
Gaan verder
Kom dieper
Spoor op die skatte in My hart

Ek glo in jou
Ek weet jy kan
Asseblief kind kom
Weet Ek wag jou in

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s