Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Ontdek die ware God

Ek is so bly
My hart het gevind
Ek is so bly ek kon opspoor
My grote God

Kinders van die wêreld
Ek wil julle rerig bemoedig
Hou aan soek
Moenie ophou voor julle vind

Dit is nie altyd maklik
Om aan te hou
Tyd met God spandeer
As jy nie dadelik sien iets gebeur

Tog as My kinders
Net wou aanhou daarmee
Sou hulle uitkom by Lewe in die Gees
En dit is waarlik mooi

Kinders besef julle nie
Die saadjies wat geplant word
Wanneer julle tyd rondom My Woord spandeer
Hulle kom later op

Ja kinders
Dit is die droom in My hart
Dat My kinders se harte sal blom
Van die tyd saam spandeer

Kinders julle besef nie
Maar dis hoe geloof groei
Dit is hoe als wat mooi is
In julle harte bly woon

Dis Ek in julle
Wat die hoop is vir hierdie wêreld
Kinders daarom wil Ek aanhou vra
Moenie My uit sig verloor

Kinders van My hart
Asseblief moenie
Kom altyd nader en weet
Ons twee moet konneksie behou

Deur die donker tye
En ook die tye van lig
Kinders ons moet bymekaar bly uitkom
Dit is hoe jy binne sterk bly

Daar is te veel van My kinders
Sê Abba
Wat die padjie
Daagliks alleen loop

Kinders van My hart
Verstaan julle nie
Ek is hier
Ek het gekom om te help

Deur My Gees
Wil Ek julle versterk
Wil Ek julle die regte rigting aandui
Julle moet net luister wanneer Sy met julle praat

Ja sê Abba
Haar manier is altyd sag
Sy is nie styf en stroef
Sy wil julle by Lewe uitbring

Al wat nodig is, is luister
Luister wanneer My stem
Van genade en hoop
Vir julle fluister

Kinders verstaan asseblief
Kom word honger vir meer
Word honger vir My als
In en deur jou

Kinders van My hart
Dis rerig lank genoeg
Dat Ek aanhou praat
Sal julle asseblief besluit om te hoor?

Kinders
Kinders van My hart
Kom asseblief nader
Kom vind My vir julleself

Dis genoeg sê Abba
Dat julle bly wegkruip
Julle is altyd besig
Met iets anders as tyd met My

Kinders, die van julle
Met wie Ek hieroor wil praat
Kan Ek vra as dit jy is
Asseblief moet dit nie meer doen

Liefste kinders
Ek vra julle asseblief
Moenie meer wegkruip
Wie jy is kom asseblief voor My Troon

Het jy geweet dat jy lankal terug
Reeds genoeg was
Het jy geweet jy is toe alreeds
Uitverkies om My spesiale kind te wees

Almal staan ‘n kans sê Abba
In en deur My Seun
Kan almal kom
Nie een is te sleg of goed daarvoor

Kinders asseblief
Julle moet nader kom
Julle moet kom weet
Ek is spesiaal lief vir julle elkeen

Baie kere wat julle dit hoor
Min kere wat julle dit glo
Abba se kinders asseblief
Kom nader aan My

Dis wanneer julle op daai plek kom sê Abba
Waar ons harte in eenheid klop
Dat julle rerig vind
Hiervoor was ek gemaak

Om in My Vader se arms
Rus te vind
Om aan Hom te behoort
Om te weet ek is Sy kind

Daar is niks beter as dit nie
My liewe kind
Ek weet want so veel soos wat dit vir jou beteken
Ook vir My

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
As jy My nog nie op die manier gevind het nie
Kom gerus heelwat nader

Kinders die pad saam met My
Raak altyd mooier
Dis maar hoe dit is
Dis maar hoe Ek dit gemaak het

Die beste is nog nie verby
Sê ons Abba Vader
Die beste kom nog
Dit moet julle weet

Ja glo dit sê Abba
Ek is God
Van die onbeskryflikste mooi goed
Wat die wêreld nog moet vind

Ja sê Abba
Die mooiste is nie verby
Dit kom nog vir julle
Dit kan julle maar glo

Kinders van My hart
Weet dit asseblief
Vir My is julle baie spesiaal
Elke liewe een

Ek wonder in My hart
Of Ek een van julle kon laat gaan
Maar Ek kan nie sê Abba
Styf hou Ek aan elkeen vas

Ja sê Abba Vader
Selfs die wat My nog nie wil ken
Ek hou vas aan julle
En Ek hoop met alles in My julle sê ja

Saam met My is die lewe
Die mooiste lied
My liewe kinders
Wil julle hom nie asseblief saam met My kom sing?

In harmonie My liefste kinders
Ons harte een
Dit is waaruit die mooiste melodieë
Voortspruit

My kinders
Dit is My hart vir julle
Die allerbeste hier op aarde
Want julle is hier met ‘n doel

Kom vind die rede vir jou bestaan
Kom vind uit hoekom jy is
En weet
Dat niks jou gelukkiger sal kan maak

Pappa se kinders
Asseblief weet dit
Dikwels as julle nuwe terrein betree
Ek sal julle dra

Ja sê Pappa-God
Dit is nie My styl
Om ooit een van My kinders te verlaat
Nee by My werk dit nie so

Ek is ‘n Getroue God
Die Ewige Vader
Wat My kinders baie liefhet
In wie Ek altyd wil woon

Kinders van My hart
Ook die van die wêreld
Ken julle My al
Weet julle wie Ek rerig is?

As baie van die goed hierbo
Vir julle vreemd klink
Wil Ek vra kom nader
Asseblief kom ontdek die ware God

Want Ek is nie
Wie baie mense al vir jare glo
Ek is soveel beter
Ek is die ewige mooi een

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s