Liefde so groot, Lofprysing

Veraltyd

Loof die Here
Glorie aan Hom alleen
Die Een wat op die Ewige Troon sit
Nou en veraltyd

Ag dit maak my hart
So bly
Om ons Koning se lof te besing
Daar is niks mooier nie

Ons God is so groot
Hy is so lieflik
Dat Hy so baie kan omgee
Kan ek dikwels skaars glo

Sy genade en liefde
Is so groot
Dit hou aan om in hierdie wêreld te glo
Dit hou aan om ons te kom haal

Kinders van die wêreld
Kinders van Abba
Ken julle Hom al?
Weet julle rerig wie Hy is?

Die son se strale
Is nie genoeg om Sy
Skitterende teenwoordigheid te beskryf
Hy is die mooiste een

Hy is blinker
As die son se blinkste strale
En geen duisternis
Sal ooit in Hom woon

Sy liefde en genade
Is onverwoordbaar groot
Sy guns en trou
Kan ‘n mens ook nie verwoord

Wow hierdie God van ons
Is GROOT
Sy lof en eer
Wil ek vir altyd besing

Hy is die grootste een
Hy is die beste een
Hy is die waardige
Die Een wat ek wil hê moet veraltyd in my hart woon

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s