Blinde oë, Liefde so groot, Lofprysing

Liedjies van liefde

Genade-groot
Het my kom haal
Nooit wou dit moed opgee
Of sê ek-probeer-nie-weer

Waar ek sonder my Vader
Se liefde en trou sou wees
Daaraan
Wil ek nie eers dink

Baie kere dat ons dink
Sonder God kan ons beslis
Dan het julle voorwaar nog nie ontdek
Dat die lewe saam met Hom beslis beter is

Dit is soveel kere
Onwerklik om te dink
Hierdie God is so, so groot
Tog het Hy tyd om om te gee vir my

Ja baie kere sê Abba
Baie kere wat Ek dink
Kan Ek hulle nie op nog meer maniere
Wys hoe baie lief Ek hulle het

En dan dink Ek net weer
Aan al die skatte en geskenkies
Wat nog vir julle lê en wag
Kinders het julle al die seebodem ontdek

Soveel visse wat daar binne die see rondswem
Soveel visse nog nooit gevind
Korale en skatte
Wat vir julle wag om hulle te vind

Ja sê Abba daar is
Soveel wonderlike dinge in die wêreld
Wat elke dag vir julle vertel
Kom hoor dat God julle liefhet

Dit is hoekom Ek
Die skepping gemaak het
Sê Abba
Vir julle om soveel te geniet

Dit bring My baie vreugde
Sê Abba-God
Maak My hart baie bly
As Ek sien dat julle My skepping so waardeer

Ek wens julle kon hoor
Hoe hulle elke dag My lof besing
God is so groot
Sing hulle oor en oor

Dalk moet julle net julle ore
Begin instel vir wat hulle sê
Want glo My julle sal dan hoor
Wat hulle in soveel mooiheid fluister

God is so groot
Dit sing hulle baie gereeld
Maar ook : wêreld weet julle dat Ek julle liefhet
So sê Abba God

Ken julle daardie liedjie
Sê Abba
Ook My Seun se kruisdood
Het dit aan Golgota gesing

Soveel liedjies van liefde
Wat hierdie wêreld vollê
Julle moet hulle net begin hoor
Kinders en saam-sing

Dankie Abba God
Vir alles mooi en groot
Dit is wat ek wil hê
My lewe en lippe moet ook sing

Saam met die natuur
En pragskepping
Wil ek getuig van my God
So majesteus en wonderlik

Ek wil saam met hulle sing
God is so groot!
Wil jy nie saam met my deel daaraan hê
Verbeel jou, kore van lof oral-oor

Soveel verlorenes
Sal dit nader trek
Wie weet kort voor lank
Sal hulle dalk saam met ons begin sing?

Sal dit nie net wonderlik wees
Die moontlikheid
Gee my sommer iets
Om na uit te sien

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s