Byt vas, Nuwe hoop

Wanneer vashou so moeilik is

Die lewe is ‘n lied
‘n Ware plesier
Wanneer ‘n mens
Jesus in jou lewe het

Ja nie omdat daar nie ooit
Dalk iets sleg met jou gaan gebeur
Maar omdat jy ‘n lewensanker het
Wat jou styf vashou

Ja geanker hou Ek My kinders
Sê Abba
In die storms van die lewe
Wat maar altyd weer kom

Ek wens dikwels
Meer van My kinders het al geweet
Uit dure ondervinding geleer
Dat dit altyd die waarheid is

Ja sê Abba
Vir Sy kinders
Julle kan maar weet
Ek is altyd getrou

In die storms van die lewe word dit so bevind
Ja liefste kinders
Ek is in storms wat woed
Altyd so baie naby

Kinders van My hart
Die wat daarbinne woon
Weet asseblief altyd
Ek weet wat aangaan

Selfs al voel jy met tye so verlore
Selfs al weet jy dikwels nie wat aangaan
Wil Ek vra dat jy hoop sal behou
My net styf vashou

Ja sê Abba Vader
Ek weet die lewe gooi soms curve-balls
Balle wat jy nie gesien kom het nie
Balle wat jy nie geweet het gaan so wees

Abba se kinders
Sal julle asseblief
Selfs deur dit
Altyd geloof behou

Ja sê Abba
My kinders Ek weet
Daar is dikwels donkerte
Wat julle onder Sy beheer wil kry

Julle God is nie getrou
Nie soveel soos wat jy dink
Ander planne het Hy ook
Ja nie almal vertel Hy vir jou

Pappa se kinders
Ek wil vra dat julle My
Asseblief sal vertrou
Altyd sal weet dat Ek net die beste instoor hou

Ja sê Abba Vader
My kinders Ek weet
Julle verstaan nie altyd die maniere
Waarop Ek te werk gaan

Partykeer wonder julle rerig
Kan ek aangaan
As dit is hoe God se plan lyk
Kan ek Hom vertrou

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
Ek is lief vir julle
Wat Ek doen, doen Ek altyd vir julle

Ja sê Pappa
Dit is in julle beswil
Dat Ek partykeer storms stuur
Sodat julle My dieper kan vertrou

Ja sê Vader
My kinders Ek weet
Dat julle dikwels twyfel het
Wat maak dat julle weer wil terugtrek

Kinders asseblief
Moenie
Vertrou My
Weet dat Ek vir jou is

Selfs al lyk dit baie kere nie so nie
Selfs al verstaan jy dikwels nie ‘n ding
Hou asseblief My kind
Net aan met vashou

Kort voor lank sê Abba
Dat jy sal vind
My hart was nog altyd vir jou
Nooit het Ek terug gehou

Ja My kind
So wanneer daai donker dae kom
En jy twyfel oor die mooi in My hart
Asseblief hou net aan met vashou

Hou net aan glo
Ek is vir jou
Selfs wanneer dit die minste so lyk
Veral wanneer dit die minste so voel

Ek is vir jou
My kind
Altyd-altyd
Weet dit asseblief

Sal jy jou oë
Asseblief
Net op My bly hou
Sal jy bly vertrou?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s