'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Tye van min-verstaan

Wanneer jou hart seer is
En jy so min verstaan
Wil Ek vra My kind
Dat jy asseblief jou oë op My sal hou

Ja sê Abba-Vader
Ek verstaan
Jy lewe in ‘n wêreld-vol-vrae
Waar nie veel vir jou sin maak

Al wat Ek kan vra
Sê Abba
Is dit jy asseblief jou oë op My sal hou
En sal weet dat Ek die Antwoord is

Op al jou vrae sê Abba
Is Ek die Een wat omgee
Ek sal jou deur die storm dra kind
Deur elke een

Al wat Ek My kinders vra
En dit vra Ek jou ook nou
Hou aan om jou oë op My te hou
En jy sal weer vind Ek is ‘n getroue God

Ja sê Abba Vader
Kind daar is baie wat jy nie nou verstaan
Maar eendag sal jy
Jy moet net vasstaan

Abba se kind
Sal jy asseblief aanhou om My te glo
Wanneer Ek vir jou sê dat Ek baie vir jou omgee
My kind My liefde is nie selfsugtig nie, weet dit asseblief

Pappa sê My kind
Ek sien
Jou vrese
Die twyfel in jou hart

Ek sal alles beter maak
My kind
Jy gaan nog sien
Ek is nie lig-geraak

Ek is vir jou
My kind
En nooit teen jou
Weet dit asseblief

Ek glo in jou
Liefste kind
En Ek weet
Saam gaan Ek en jy hier deurtrek

Jy moet net aanhou vashou
My kind
Jy moet asseblief net aanhou
Om My lief te hê

Kind Ek is waardig
Al jou vertroue
Pappa se kind
Ek wil dit graag vir jou sê

My kind jy moet net aanhou vashou
So sal jy sien
So sal jy vind
Ek weet van jou

Ek gee om My kind
So baie
Weet dit asseblief
Ek wag vir jou

Sal jy nader kom
My net weer kom vertrou
Weet dat jou antwoorde in My lê
Weet Ek gee om

Ek kies om U te bly vertrou
Ek kies dit
Dankie Pappa Vader
Dat U hart is vir my

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s