'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

God is te vertrou

Gee gerus oor
Vertrou ons Vader se hart
Al is dit nie maklik
Is dit die beste ding om te doen

Ons Vader se hart is altyd
Om die beste vir ons te gee
Sy hart is altyd
Om mooi na ons te kyk

Al vertel die wêreld en dinge
Gereeld vir ons iets anders
Wil ons staan en bely
Ons glo ons God

Ons glo Sy hart is goud
Ons weet dat daar niemand soos Hy is
Niemand wat ooit so baie soos Hy
Lofwaardig kan wees

Abba ons wil net sê
Ons, ek
Vertrou U
Help my asseblief om dit aan te hou doen

Ja partykeer
Word ons geloof rerig getoets
Partykeer wonder ons rerig
Sjoe is dit nog die moeite werd

Ons God kan ons vertrou
Selfs al soveel dinge
Vir ons iets anders vra
Want ons God se hart is en bly goud

Ja partykeer
Is dit moeilik om te bly glo
Vader is vir ons
Maar dit moet ons bly glo

Ons kan nie nou opgee
Ons het dan sover gekom
Ons God weet van ons
Hy sal ons geloof beloon

Al is dit partykeer moeilik
Om ons oë op Hom te bly hou
Moet ons dit doen en weet
Dat Hy altyd vir ons is

Hy werk altyd
Vir die beswil van Sy kinders
En Sy Koninkryk
Wat ons moet doen is vertrou

Ja selfs in die donkerste nag
In die moeilikste dag
Moet ons bly glo God se hart is goud
En Hy weet van jou en my

Ons Pappa het die mooiste hart
En selfs al is dit partykeer
Moeilik om te glo
Moet ons daaraan vashou

Ons Pappa ken ons harte
En Hy sal vir ons gee
Wat ons diep nodig het
‘n Pappa en Sy perfekte liefde

‘n Pappa wat nooit
Sy kinders in die rug kan steek
‘n Pappa wat ons vir ewig en altyd
Baie liefhet

Ja Pappa se kinders
My hart se kinders
Julle moet dit altyd bly glo
Weet dat Ek julle baie liefhet

My hart is nooit om seer te maak
En ja sê Pappa al is seer
Deel van hierdie wêreld
Wil Ek dit altyd beter maak

Ek kan sê Abba en Ek wil
Kom glo My dan asseblief sê Vader
Kom vertrou My
Soos wat Ek verdien

Ja Pappa se kinders, ja
Ek weet van julle elkeen
Diep kosbaar is julle vir My
Die ewige God se kinders

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s