'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Hoop vir donker dae

Glorie Halleluja
Aan die Ewige Koning
Die Een wat was
Is en altyd sal wees

Kinders julle moet
My hart vertrou
Altyd aanmeld om My elke dag
‘n Bietjie beter te leer ken

As julle My karakter
Wie Ek is geken het
Sou julle My nooit wantrou het
Wanneer slegte dinge gebeur

Kinders slegte dinge
Is deel van die lewe
En die gebroke wêreld
Waarin jy woon

My kind
Moet My asseblief nie blameer
Vir al die verkeerd in hierdie wêreld nie
Ek sit nie agter elke een

Daar is ‘n soveel groter prentjie
Sê Abba
En julle mis dit dikwels
Wanneer julle kies om My nie te vertrou

Kinders asseblief
Glo vir My
Julle Pappa is lief vir julle
En Sy hart is nooit om seer te maak

Ja dikwels sê Abba
Wat dit gebeur
Mense wat My wantrou
Wanneer slegte dinge gebeur

Kinders Ek is nie Een wat seer-maak nie
Ek is die Een wat gesond-maak
Ja sê Abba
Ek het dikwels ‘n plan en dit gaan gebeur

Kinders van My hart
Luister asseblief vir My
Ek weet wat julle nodig het
En Ek sal dit vir julle gee

Bly asseblief naby aan My sê Abba
Moenie vêr gaan
Ek wil jou wys en leer
Ek is waarlik te vertrou

In die donkerste van tye
Kan julle na My bly kyk
Asseblief My kinders
Sien en weet Ek gee om vir julle

Meer as wat julle kan glo
Sê ons Koning
Meer as al die mooiste omgee
Dit is wie Ek is

Op My kan julle altyd fokus
Vir My bly kyk
Abba se kinders weet dit
Julle is nooit alleen

Julle is dikwels bang
Sê Abba
Om My te diep te vertrou
Want julle is bang vir seerkry

My kinders julle hoef nie te wees
Kyk asseblief net altyd vir My
My hart is goud
Altyd-deur

Baie dinge My liefste kinders
Wat julle dalk nie die kant
Van die ewigheid gaan verstaan
Maar tog hou moed

Ek het die wêreld
En sy probleme oorwin
My kinders
Jesus het dit gesê

Weet dit vandag
En weet Ek gee om
Meer sê Pappa
Meer as wat julle kan weet

Dis nooit-nooit My bedoeling
Sê Abba
Om julle seer te maak
Asseblief vertrou My hart

Weet dit kinders
Ek is by julle
Ek sien elke vraag
Elke stukkie vrees

Ek maak jou nuut
My kind
Nuut in My liefde vir jou
Dit moet jy weet

Kinders in die donker tye
Moet julle My meer vertrou
Asseblief meer en meer
Dit is hoe julle deur die donker tye kom

Maak My deel
Vra Abba
Asseblief deel van die pyn en seer
Wat jy in jou binneste dra

Dis vir julle maklik sê Abba
Om julle rug op My te draai
Want julle weet nie, besef nie
Ek is God, Koning en Heer

My kinders
Ek is alles wat julle nodig het in donker tye
Weet dit asseblief
Kom plaas julle vertroue op My

Abba se kinders
Luister asseblief
Ek wil julle meer en meer leer
Wys wat in My hart teenoor julle lê

Dit is net mooi dinge
My kinders
Net, net mooi
Ek bid dat julle dit sal vind

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
In tye van seer en smart
Maak oop en laat My inkom

Dis Ek deel van daardie
Pyn en smart
Wat dit genees My kind
Wat dit gesond maak

Julle moet asseblief leer
Om My meer te vertrou
Meer kinders as wat julle nog ooit het
Moet asseblief nie terughou

Weet julle sê Abba-God
Dat Ek die donkerste nag
Mooi kan maak?
Ek het daardie vermoë

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Ek gee rerig om
Dit is tyd dat julle dit weet

In donker tye kinders
Moet julle nader
Aan My arms van liefde kom
Sodat Ek dit om julle kan vou

Ja sê Abba-God
Luister asseblief My liefste kinders
Luister na wat Ek hier
Vir julle sê

My hart is trou
Sê Abba
So, so trou teenoor My kinders
Veral wanneer hulle seer en stukkend is van binne

Kinders het Ek al vir julle gesê
Dat Ek die teerste hande het
Pappa sê kinders My hande is die veiligste hande
Waarin jou of enige iemand se hart ooit sal wees

Vertrou My
Asseblief My liefste kind
En weet
Ek is die Begin, Einde en alles tussen-in

My liefste kinders
My hart vir julle is mooi
Selfs as hierdie wêreld iets anders vir julle skreeu
Moet julle My glo

Pappa se kinders
Asseblief
Kom net nader aan My hart
Kom ontdek wie Ek rerig is

So My liefste kinders
Sal julle altyd vind
Dat Ek Rustigheid, Veiligheid en Beskerming is
In die felste storms is

Ja sê Pappa Vader
Geen niks in hierdie wêreld
Geen niemand
Kan gesond maak soos wat Ek doen

Abba se kinders
Asseblief luister vir My
Ek wil genesing met julle deurwerk
Asseblief sal julle My toelaat?

Ja vra Abba
Ja
My kind dit is die vra in My hart
Ek hoop so jy sê ja

Sê ja vir My vrede
Sê ja vir My berusting
Asseblief My liefste kinders
Begin asseblief, om My meer te vertrou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s