'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Seisoene van die lewe

Weet julle sê Pappa
Glo julle dit rerig
Dat My hart goud is en bly
Maak nie saak wat gebeur

Ja My liefste kinders
Pappa vra
Dat jy My hart sal bly vertrou
Selfs al kom klop die dood aan jou deur

Ja sê Pappa
Selfs al was dit vroeg
Selfs al het jy dit nie verwag
Sal jy My hand bly vashou?

My kind
Dit is die vra van My hart
Soveel van My kinders wat My net liefhet
Wanneer dit met hulle goed gaan

Nee My kinders
Abba se kinders
Ek is altyd-altyd goed
Maak nie saak wat klop aan jou deur

Abba se kinders
Ek wil vra dat julle dit asseblief sal onthou
Wanneer moeilikheid jou pad kruis
En jy dink maar wat nou

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek is in elke seisoen waardig
Al kom winter of reën

Ja sê Abba
My kinders dit is rerig tyd dat julle dit leer
Maak nie saak wat gebeur
Ek is die Een wat ewig leef

Asseblief onthou dit altyd
Niemand kan met My vergelyk
Ek is groter
As die storm wat om jou losbreek

Die anker
In jou lewensstorm
Sê Abba
Dit is wie Ek vir jou wil wees

Maak My asseblief dan deel
Van die stormtye
In jou hart en lewe kind
Weet dat Ek jou so kan bly deurdra

Pappa se kinders
Julle moet My asseblief vertrou
In elke seisoen My kind
Weet Ek is altyd daar

Dis wanneer julle My
Deel maak van die storms in julle lewe
Dat Ek kan inkom
Dit meer as draaglik maak

Asseblief My kinders
Maak My dan deel van die pyn en seer in julle harte
En sien en ervaar
Hoe Ek die onmoontlike moontlik vir jou maak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s