Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Elke tree

Weet julle dat Ek julle liefhet
Meer as wat julle ooit sal kan glo
Weet julle dat Ek konstant vir julle liefdesbriefies skryf
Omdat Ek wil hê julle moet My glo

Asseblief Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Julle moenie uitstel
Om My meer en meer kans te gee

Abba se kinders
Om julle harte te vul met meer, meer hoop en geluk
Kinders van die wêreld
Om aan julle hoop te gee lankal reeds verloor

Kinders asseblief
Elkeen van julle
Julle moet My hand kom vashou
En nooit ooit weer laat los

Ja sê Abba
Kinders Ek glo in julle
Ek wil hê julle moet dit vandag weet
En altyddeur

My kinders julle moet nooit terughou nie
Julle moet julle harte altyd wyd voor My oopgooi
So kan Ek inkom
En die mooiste dinge kom doen

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Ek kom vra vir geloof
Wat nooit as te nimmer op My kan opgee

Ja sê Abba Vader
Al raak die steiltes wat ons moet klim hoog
Wil Ek vra dat jy rerig deur alles
My hand net stywer sal bly vashou

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Ek glo in julle
Om My op ‘n dieper manier te kom vind

Ja sê Abba Vader
My kinders
Ek glo in julle
Glo dit bietjie vir ‘n slag

Julle moenie terughou nie kinders
Nee daar is nie tyd daarvoor
Kom veel eerder
Net soos wat jy is

Die liefde wat Ek vir hierdie wêreld het
Is oneindig groot
So groot
Ek wens elke mens het geweet

Dit is My liefste kinders
Hoekom Ek bly vra
Verkondig die Goeie Nuus
Aan elke hart wat kan hoor

Ja sê Abba Vader
Ek het gevra en gesê
Tot aan die eindes van die wêreld
Want Ek wil almal insluit

Ek wou almal ‘n kans gee
Sê Abba Vader
Om My Seun aan te neem
Ek wou geen mens uitsluit

Ja sê Abba Vader
Ek verstaan
Jy wil ‘n lewe hê
Waarin dit net goed gaan

So ‘n lewe My kind
Gaan net in die hemel moontlik wees
Daar waar nie 1 slegte ding
Kan oorleef

My Lig en Liefde
Is so groot in die hemel
Sê Abba
Dit is al waaruit hy bestaan

Pappa se kinders
Asseblief glo vir My
Hierdie wêreld is dalk nie sonder stryd
Maar Ek is elke tree by jou

Elke tree
My kind is dit nie groot bemoediging
Is dit nie wonderlik om te weet
My God sal my nie verlaat

My kinders
Dogters en seuns van God
Dit is My hart dat hierdie hele wêreld
Hulle Hemelse Pappa sal vind

Ja My kinders
Dit is My hart
Al wil baie mense sê dit is nie so
Is dit hoe dit is

My kinders
My hart
Kom ontdek hom
Dan sal jy nooit weer twyfel oor My liefde vir die mensdom

Ongeewenaar
Vir altyd
Dit is hoe dit sal bly
Al glo nie een mens dat Ek waarlik God is

My liefste kinders
Asseblief kom nader aan My goue hart
Kom sien dat Ek net goed is
En dat Ek nie anders kan wees

Asseblief Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Kom nou, kom gou
Kom sien dat alles wat Ek vir jou vertel die waarheid is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s