'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Speel by die afgrond

Kom vind My hart
Asseblief liefste kinders
Kom vind dat daar net
Goud en waarheid in is

As Ek net meer mense kon kry
Om waarlik in My te glo
Dinge kon so anders wees
Maar mense, hulle hou hulle harte so hard

Kinders van die wêreld
Julle wat My nie wil liefkry en dien
Wat gaan julle doen
Die oomblik as die ewigheid aanbreek

Kinders julle moet die saak kom uitmaak
Sommer nou
Asseblief sal julle kom glo
Asseblief sal julle My ‘n kans gee om met julle te werk

Elkeen kry ‘n kans sê Abba
Want elkeen gaan op die einde
Vir homself rekenskap gee
Wat is gedoen met die kanse gegee

Abba sê Ek gee julle so baie
Tog hou julle aan met nee sê
Abba se kinders verstaan julle nie
Ek wil LEWE aan julle gee

Dit is tyd dat julle kom
Asseblief sê Abba Vader
Kom nou
Voordat dit eendag finaal te laat is

Ek wil jou nie bang-praat nie
Sê Abba
My kind Ek wil net vir jou vertel
Dit is hoe dinge staan

My kinders
Julle moet vergewe en vryspreek
Al die mense wat julle seergemaak het
Laat dit die 1ste stap wees

Kinders asseblief
Verstaan julle nie
Julle lewens is op die spel
Van julle staan so naby aan die afgrond

Dis die begeerte in My hart
Om julle weg te lei van die donker
En julle nader aan die Lig te bring
Sal julle My asseblief kans gee

Abba se kinders luister asseblief
Julle wat nog nie reg is met My
Kom nader asseblief
En kom vind

Kind Ek wag vir jou
Ek wag al lank vir jou
Ek gee nie om
Solank ons net tot jou kan deurdring

Asseblief My kind
Kom
Kom voordat dit te laat is
So sê Abba-Heer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s