'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

‘n Seer hart?

Bring My al die hartseer
In jou hart
Kom kyk asseblief
Wat Ek daarmee kan maak

Ja sê Abba Vader
Jou hart is stukkend, gebreek
Tog moet jy weet
Ek kan als beter maak

Ja sê Abba Vader
My kind Ek glo in jou
Jy moet weet die seer in jou hart
Dit is niks vir My

Delikaat en sag
Sal Ek met jou binneste werk
Lig en Liefde
Vertel van My genesingswerk

Kind Ek wil hê
Jy moet My hulp probeer
Ek wil hê jy moet kom sien
Dat Ek rerig omgee oor jou

Ja sê Abba Vader
Soveel meer as wat jy dink
Jy kan My gerus maar glo
My Raad probeer

Asseblief seun, dogter
Moenie terughou
Kom na My, kom vind rus
In My arms van liefde

Ja sê Pappa
My kind dis lank genoeg
Dat jy bly weghardloop
Met die seer in jou hart

Jy moet begin glo
My kind
Dat Ek rerig
Alles gesond kan maak vir jou

Jy moet begin glo
Dat Ek die beste geneesheer is
En dat daar geen wond is
Waaraan Ek nie kan werk

Abba se kinders
Asseblief
Kom glo vir My
Kom weet dat Ek die Antwoord is

Jou hart gaan seer bly My kind
Hy gaan ongenees deur die lewe gaan
En dit gaan net moeilikheid
Vir jou bly bring

My kind
Ek wil hê jy moet eerder kom glo
Ek is die Alfa en Omega
Die blink môrester

Daar is niks
Sê ons Abba God
Niks My liewe kind
Wat Ek nie met My liefde kan gesond maak

Ja sê Abba
Al wat dit vra
Is dat jy sal kom neerlê
Als wat jou pla diep binne in jou hart

Kom vra ‘n bietjie daarna
Sê Abba God
Kom vra na My wil vir jou
Begin My ‘n bietjie vertrou

Kinders julle sal uitvind
Dat daar niks beter is
Wat die wêreld
En kinders daarin kan doen

Kinders julle verloor nooit ooit nie
Nie as julle
Julle vetroue in My kom sit
Ek wil hê julle moet dit weet

Ek gee om vir julle kinders
Dit is altyd My begeerte
Om meer genesing
Vir julle mee te bring

Begin glo My kinders
Asseblief
Begin glo dat Ek alreeds
Al die antwoorde vir jou lewenspad se probleme het

Liefste kinders kom
Kom asseblief
Kom vind uit
Dit is net die beste wat Ek vir jou instoor hou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s