Liefde so groot, Lofprysing

Soetste Naam

Soetste Naam
Wat op my lippe lê
Jesus Christus
Die Naam van my Heer en Vriend

Vir Hom het ek my lewe gegee
Vir Hom gesê ek glo
Hy weet die beste
Hy kan maar maak soos Hy wil

Lank genoeg
Het ek dinge weggesteek
Dinge gedoen
Soos ek en nie Vader wou

Tog het Hy my kom haal
Besluit om nie op te gee
Besluit om my nogsteeds lief te hê
Tot ek met alles in my ja sou sê

Ja Vader het geweet
Hoe om my in te bring
Vir altyd wil ek bly sing
Van die Een wie se naam op my lippe lê

Mag Hy altyd
Koning bly
Van my hart en lewe
Ja tot die einde toe

Daar is geen ander God
Wat dit so baie soos Hy verdien
Hy is die Enigste
Ware Een

Van Hom sal ons
Bly sing en getuig
Vir Hom sal ons
Al die lof in ons harte bly bring

Die Waardige Een
Die Enigste Een
Wat vêr bo alle ander en alles uittroon
Jesus Christus, die Naam wat op my lippe lê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s