Blinde oë, Liefde so groot

Heelboonste-rak-advies!

Kom plaas julle harte
En oë op My
Die Ewige Een
Die Een wat alles weet

Abba se kinders
Kinders van My hart
Ek vra jou
Raak asseblief moeg vir die wêreld en haar manier

So baie is sy besig
Om van julle te steel
Omdat julle net heeldag luister
Na wat sy vir julle sê

My kinders
Ek kan My net verbeel
As julle na My sou begin luister
Soveel soos wat julle luister vir haar

O dit sou pure bliss wees
Sê Abba Vader
Hierdie wêreld sou ‘n wonderlike plek wees
Amper so goed soos die hemel daarbo

My kinders
As julle net verstaan
Julle verloor nooit ooit
As julle eerder doen wat Ek van julle vra

My kinders asseblief
Ek vra julle om te weet
Die wêreld se raad
Is nie so goed en wonderlik soos wat sy vir jou vertel

Ja altyd is sy besig om vir jou te sê
Jou manier, jou manier
Laat hy wen
Moenie dat God vir jou vertel hoe om dinge te doen

My liefste kinders
Ernstig nou
Hoe kan jy rerig dink dat die Skepper se opinie
Nie meer waarde as joune moet dra

My kinders asseblief
Ek vra julle om te begin glo
Dis rerig die enigste manier vir ons
Om groot verskil in hierdie wêreld te maak

My kinders
Ek het dit al soveel kere vir julle gesê
Tog bly so min glo dat My manier
Hoe Ek vir jou vra rerig die beter manier is

My kinders
Hoekom glo julle dit nie
Hoekom hou julle aan
Om julle by die wêreld en haar manier te skaar

Dis asof julle rerig nie besef
Sê Abba
Dat Ek Koning van die Heelal is
En dat Ek rerig heelwat meer as jy weet

Kinders jy kan My hart vertrou
Gerus meer-en-meer
Elke dag
‘n Bietjie meer vir My kom luister

Ja sê Abba-God
Ek weet waarvan Ek praat
En Ek wil julle net lei om te weet
Dat My manier altyd die beter een is

Kinders weet dit asseblief vandag
Begin oorgee, begin vertrou
Begin vir een asseblief
Om meer te luister na My Raad eerder as jou eie

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s