Liefde so groot, Nuwe hoop

God se aas

Die vrede wat in my hart woon
Omdat ek vir Jesus kon ja sê
Dit is so baie mooi
Gee hierdie wêreld soveel hoop

Want as God kon doen
Wat Hy in my lewe gedoen het
Hoeveel te meer
Nie dieselfde vir jou?

Ons God is geen
Aannemer van ‘n persoon
Hy kyk na almal
Gee vir almal ewe baie om

Ek wens ek kon vir meer mense vertel
Ons God is so groot
Hy is so die lieflikste Een
Wil nie meer Hom in julle harte innooi

Ja dit is dikwels
Die vraag in my hart
Hoekom nie meer mense kom?
Hoekom nie meer Hom in hul hart wil hê?

Ja sê Abba Vader
Daar is baie redes daarvoor
Een daarvan is dat My kinders
Nie My Lig laat skyn

Dis moeilik vir die wêreld
Sê Abba Vader
Om My aan te neem en ‘n kans te gee
As hulle nie sien dat Christene eerbare lewens leef

Want Abba Vader sê
Of julle dit nou wil weet of nie
Abba se kinders julle is My teenwoordigers op aarde
En mense gaan na julle lewens kyk om te sien of hulle My wil innooi

Ja sê Abba Vader
Julle en julle skoon, rein lewens
Is dikwels die aas
Waarmee Ek mense van die wêreld nader trek

Ja sê Abba Ek doen dit
Want weet julle watter kragtige wapen is dit
Om vir mense te wys
Wie Ek waarlik is

Sien sê Abba Vader
Dis die begeerte in My hart
Dat elkeen van My kinders bereid sal wees
Om te skyn net soos wat Ek en My Koninkryk skyn

Sien kinders ons is mos een
En Ek wil net hê dat julle rerig sal besef
Julle lewens het soveel potensiaal
Om mense nader aan My of verder van My weg te trek

Ja sê Abba Vader Ek besef
Mense is nie perfek nie en hulle gaan altyd foute hê
Maar die verskil is sê Abba
Leef daar in jou hart die begeerte om My in alles te eer?

Want ja sê Abba
Mense om jou sien dié begeerte
Hulle sien dat jy aanhou opstaan
Al val jy ook hoeveel keer

Abba se kinders
My kinders
Ek vra nie ‘n hart wat nooit iets verkeerds doen
Ek vra ‘n hart wat My bo alles wil eer

En ja sê Abba dit help nie dat jy elke keer
So sleg voel oor jouself as jy dalk faal
My kind Ek wil jou help, Ek wil jou leer
Om jouself lief te hê en te sien soos wat Ek het en doen

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Jou waarde lê baie dieper as of jy regkry
Wat Ek in My Woord vra

My Seun se kruisdood
Het alreeds jou waarde bepaal
Weet asseblief dat niks wat jy doen
Daarvan kan wegneem

Abba se kinders
Ek vra maar net eintlik
Sal jy leer om My elke dag liewer te hê
Sal jy dit jou lewensmissie maak om My rerig te ken

Liefste kinders
Dis in verhouding met My
Persoonlike intieme hart-tot-hart liefdesverhouding
Wat jy groei tot alles wat jy is in My

Kinders asseblief moet jouself nie aanhou veroordeel
Dit is nie My hart
Dit is vir jou om te besef
Wie jy is in Christus en dan net weer te probeer

Kinders van My hart
Ek sien julle en Ek wil net vra
Sal jy My toelaat om deur julle
Helder Ligte vir hierdie wêreld te wees

Ja sê Abba
Ek wil deur jou en jou lewe
Vir hulle die weg aandui
Na My Seun en die kruis

Asseblief Pappa se kinders sal julle sê ja
As julle My enigsins ken sê Abba
Sal julle weet dat siele win vir My Koninkryk
Een van My top prioriteite is

As jou lewe ‘n weërspeling is
Van My liefde en genade
Sal die mense in jou lewe
Dalk nader aan My wou kom

Seun, dogter
Dink vandag asseblief daaraan
En weet net
Saam kan Ek en jy hulle inbring

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s