Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

God in elke asemteug

Die begin, einde
En alles tussenin
Dit is wie en wat Ek
Vir elkeen van My kinders wil wees

Ja sê Pappa Vader
Ek weet dit is vir julle
Partykeer baie moeilik om te verstaan
Hoe dit moontlik kan wees

My kinders asseblief luister vir My
Gee ag, dit is so moontlik
As net Ek en niemand anders
Die hoogste prioriteit in jul lewens is

Pappa se kinders asseblief kom hoor
Dat die beste waarlik voorlê
Vir die wat bereid is
Om in alles ja vir My te sê

Laat My die een wees
Vra Abba
Vir wie jy die meeste
Ja sê

Pappa sê jy sal vind My kind
Ek weet van alles
En dat My hart
Waarlik vir jou is

Kinders julle vind hierdie waarheid
Van begin, einde en alles tussenin
Wanneer julle waarlik
Begin oorgee

Wanneer julle begin besef
Ek is die lug in elke asemteug
En dat julle sonder My
Eintlik nie veel van waarde kan doen

Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Kom vind uit dat Ek waarlik jou alles wil wees
En dat dit so die beste vir jou is

Dit is die heel-beste vir jou
Sê Abba
Om My
Bo alles en almal lief te hê

Baie mense wil dit nie hoor
Hulle dink dat Ek
Geliefdes uit hulle lewens
Gaan begin wegneem

Kinders as dit is
Wat julle dink
Ken julle My maar sleg
Dit is nie wie Ek is

Ja sê Abba Vader
Jy sal dalk met tyd sekere dinge moet begin opgee
Maar glo vir My
Diep binne sal jy weet dit is wat die beste is

Abba se kinders luister asseblief vir My
Hoeveel kere moet Ek dit sê
My hart is om te beskerm
My hart is om julle deur te dra

Abba se kinders
Kyk vir My asseblief
Luister, neem in
Ek julle Pappa weet wat vir julle die beste is

Ja sê Pappa
Baie kere wat My kinders vloermoere begin gooi
Partykeer sag
Ander kere hard en geweldig

Pappa se kinders asseblief
Hou julle harte sag voor My
Vertel asseblief aan julle ore
Dat hulle wel vir My kan luister

Kinders Ek weet
Ek weet rerig
Al wat Ek vra is
Vertrou My

Leer My ken sê Abba meer en meer
Dan sal julle weet wie Ek is
En sal dit nie meer so vreesaanjaend wees
Om te dink jy moet vir My ja sê

Kinders Ek sal jou nooit in ‘n ding indwing
Die keuse is en bly altyd joune
Tog wil Ek hê jy moet begin oorweeg
Dat My keuses vir jou beter is as jou eie

Begin net aanvaar
Asseblief kinders
Dat My weë beter is as julle s’n
Begin dit inneem

Om oor te gee aan My
Om My alles te maak
Dit is ‘n daaglikse proses
Waarin Ek net wil hê jy moet groei

Kinders kort voor lank
Sal julle ook soos talle voor julle vind
My jou begin, einde en alles tussenin
Is die beste ding wat ooit met jou kon gebeur

Begin oorgee
Meer en meer
En jy sal ook ervaar
Dat Ek nader as jou volgende asemteug is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s