Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Tyd in Geloof

Wie wil My ken
Wie wil My rerig-rerig ken
Abba sê julle vra dit te maklik
Maar dan is dit nie eintlik wat julle wil hê

Sien sê Abba
Want om My waarlik te ken
Dit vra ‘n prys wat julle nie almal
Altyd bereid is om te betaal

Ja sê Abba
Dit vra tyd
Dit vra dat jy ander dinge sal begin opoffer
Om tyd met My te spandeer

Kinders asseblief
Die tyd wat jy saai saam met My
Sal vir jou en jou lewe
Die mooiste vrugte voortbring

Ja sê Abba
Dis weer ‘n ding van geloof
Alles in My Koninkryk kom daarop neer 🙂
Glo en dan sal jy sien

Dis daarom dat Ek vra
Laat toe dat jou gees tyd met My spandeer
Sê ‘n bietjie vir die vlees nee
Saai in My en My Koninkryk

Abba se kinders
Glo asseblief vir My
Ek weet wat die beste is vir jou
En dit is tyd saam met My

My kinders
Julle moet dit asseblief
Nie afmaak as ‘n nietigheidjie nie
Iets wat jy nie eintlik hoef te doen

Kinders dis so belangrik
Dis die lewensasem
Van verhouding met My
Van konneksie met My Koninkryk behou

Baie mense
Wat dit afmaak as sommer niks
Hulle besef nie
Die waarde wat daarin lê

Kinders julle moenie soos daai mense wees
Julle moet weet Ek Is
Julle Pappa
Wil tyd met julle spandeer

Ja sê Abba God jy is My kind
En dit is in daardie alleentye saam
Wat ons kan uitvind
Hoe klop jou en My hart

Ja sê Abba Vader, ja
Dit is vir My altyd ‘n groot vreugde
As ons ‘n tydjie saamhet
Ek hoop ook vir jou

Kinders dis in daai stil tye veral
Wanneer jy op My wag
Dat Ek kan inkom
En jou hart op ‘n spesiale wyse aanraak

Kinders om te wag op My
Wys julle gee om
Dit wys julle wag vir My
Om meer vir julle te wys

Ja sê Abba Vader
My Woord is mooi, skoon en rein
Ek is bly
Dat julle die tyd rondom Hom geniet

Kinders soos Ek vra
Maak asseblief tyd vir My
Weet dat My hart oop is
Om van jou te hoor

Kinders julle maak dinge beter
Vir julleself en soveel ander
As jy tyd met My spandeer
Weet dit asseblief vandag

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s