'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Gewortel in Liefde

Dankie liefste Pappa God
Vir wie U is
U liefde is getrou
U genade baie groot

Dankie Abba Vader
Dat ons U in die donkerste nag
Kan bly vertrou
Omdat U rerig waardig is

Ja Abba God
Nooit ooit sal U ons alleen los
Nooit hoef ons te wonder
Is U nog lief vir ons

Nee Abba God, nee
Deur die donkerste tyd
Word U liefde oor en oor bewys
Dit is wat naderhand die anker in elke lewensstorm word

U hart is getrou
Abba God
Dit sal ek bly glo
Ek kan nie anders nie

Daar is nie ‘n ander opsie
Ek weet nie eers
Of ek ‘n ander kan oorweeg
Want wie kan gee wat U doen?

Nee Abba, ek weet nie
Ek weet nie
Hierdie kind moet in U oë bly kyk
Om enigsins staande te bly

Ja dikwels verdwaal ons
In die twyfel
Wat hierdie wêreld meebring
Wat dan in ons harte wil kom nesskop

Nee ons moet hulle nie toelaat
Om in ons harte ‘n plekkie op te bou
Ons moet al daai twyfel
Baie gou vir Jesus bring

Ja sê Abba God
My kinders Ek weet
Dit is onmoontlik om sonder My
Gesond (staande) in hierdie wêreld te bly

Ja sê Abba God
My kinders Ek weet
Die wêreld is
‘n Absolute nagmerrie sonder My

Ja sê Abba God
Dit is hoekom My Seun vir julle bly sê
Hou moed My kinders
Weet Ek het die wêreld reeds oorwin

Kinders julle moet weet
Ek behoort die krag te wees wat julle bo hou
Ek behoort die een te wees
By wie julle kom wegkruip

Abba se kinders
Weet asseblief vandag
Dat Ek jou Pappa-God
Groter as enige struikelblok in hierdie wêreld is

Kom vat My hand
Kom ons stap saam die pad
Die Een wat na die Beloofde Land lei
Die Een waar Lewe in oorvloed op jou wag

Abba se kinders
Julle moet weet
Ek sien
Ek hoor en verstaan

Daar is niks wat sommer net by My verbygaan
Wanneer dit by jou kom
Nee My kind Ek het jou baie lief
Weet dit gerus

Onthou dit
Wanneer donker tye jou pad kom kruis
Onthou dit asseblief
Wanneer die duiwel vir jou vertel dat jy nie veel waarde besit

My kinders
Dit is so nodig vir jou
Om in My perfekte liefde gegrondves te word
Want dan sal jy nooit vrae sonder antwoorde hê

Jy sal altyd weet
God is getrou
Maak nie saak wat die wêreld
Of iemand anders van My sê

God is getrou
Dit moet julle altyd weet
Wat Hy beloof
Dit doen Hy beslis

Ja My kind
Dogter, seun
Hou net vas
Dit het begin

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s