Blinde oë, Nuwe hoop

Hemelse Drome

Halleluja
Is wat my hart bly sing
God is getrou
Kom ons loof Hom

Deur die donkerste nag
Sal ons Hemelse Pappa
My Rots en Anker bly
Want sonder Hom kan ek lankal nie meer

Ja op ‘n tyd
Het ek ook bly dink
Ag nee man
Kan hierdie mense dan niks sonder God doen

Maar toe het ek die goud gevind
In my afhanklikheid van Hom bely
Ek het gevind dat Hy groter is
En dat Hy enige iets kan doen

Ja lank genoeg terug het ek bely
Vader U kan alles maar kry
En nou kan ek nie meer
Sonder Hom staande bly

Ek het nie berou oor my besluit nie
Geensins
Want ek het gevind dat Hy veel groter dinge
In en deur my kan doen as ek op my eie

Sien ek wil altyd hê
En so bly is ek, ek het dit gevind
Dat om in lyn met God se plan vir my te loop
Veel beter as my eie is

Ek wil hê vra Abba Vader
Dat elke kind van My
Op daai plek sal kom
Waar hulle diep afhanklikheid bely

Ja sê Abba
Ek weet en Ek besef
Julle wil altyd so graag
Die hoogste sport op julle eie bereik

Ek kan sien sê Abba
Dat dit vir julle baie beteken
En dat julle dikwels
Julle waarde daaraan meet

Ja sê Abba Vader
Julle vind dikwels
Nie julle waarde in My nie
Omdat julle op julle eie staande wil bly

Pappa se kinders
Sal julle dit asseblief nie meer doen
Sal julle besef
Dat Ek groter is

Ek is beter
As die beste drome
My kind
Sal jy dit asseblief begin glo

Ja sê Abba Vader
Daar is geen skaamte
In afhanklikheid van My bely
Omdat Ek soveel groter is

My kind
Saam met My
Kan jy meer bereik
As waarvan jy ooit sal weet

Maar al hoe dit kan gebeur
Is as jy begin sê
Vader
U in en deur my

Sien sê Abba dit is dikwels
Hoe wonderlike en hemelse goed kan gebeur
Julle My kinders wat bely
Waar julle krag vandaan kom

Ja sê Abba
Dit is hoe My Naam eer ontvang
My Koninkryk wat gebou word
In en deur jou

Kinders kom word asseblief
Deel van die
Hemelse drome in My hart
Kom vra daarna

Kinders daar is sekere drome
Wat net kan gebeur
Wanneer julle My toelaat
Om My asem daarin te blaas

God-breathed noem julle dit
Dit is wat gebeur
Wanneer julle afhanklikheid bely
Ek self wat My drome in en deur jou kom bou

Dit is wat gebeur
Wanneer Ek jou krag is
Die een wat jou staande hou
Die Hemel self word die krag in jou

Daarom moet nooit terughou
Liefste kind
Maak My die krag in jou
En kyk watter wonderlike dinge gebeur

God se volheid raak net meer in jou
Wanneer jy besef
Dat jy sonder My
Nie veel van waarde op aarde kan doen

Groter en mooier dinge
Ewigheidsdinge
Ek self in jou
Die onmoontlike

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Hemelse Drome”

  1. Op Diensjaar vir Christus het ons span ‘n toneel gedoen wat gegaan het oor Drome. Ek was ‘n dirigent wat gedroom het om die wereld te bekoor, daar was ook ‘n aktrise, ‘n cowboy en ‘n dame wat droom oor haar redder op die wit perd. Maar dan verander die toneel en gaan dit oor God se droom vir ons…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s