Liefde so groot, Nuwe hoop

Hemelse Israel

Die Heilige Een
Die Heilige Een van Israel
Dit is
Ons God se Naam

Voor tyd het Hy vir Hom
‘n Volk uitverkies
En toe het Hy ons in Sy Seun
Deel van hulle kom maak

Ja sê ons Abba Vader
Dit is so
Ek wil hê dat julle almal
Een sal wees in My

Dis hoekom Ek My Seun gestuur het
Sê Abba
Sodat die hele wêreld
Kans kon kry om deel van My volk te word

Ja sê Abba Vader Ek verstaan en weet
Dit is dikwels vir julle moeilik
Om kloutjie by die oor te bring
Om te verstaan presies hoe alles werk

My kinders dit is nogals ingewikkeld
As julle nie vir My vra om dit vir julle oop te breek
Ja sê Abba julle moet verstaan
Julle harte moet oop wees om die waarheid te aanvaar

Abba sê
Lank voor tyd het Ek vir My ‘n volk uitverkies
‘n Volk wat Ek gedink het, gehoop het My Naam hoog sal dra
Abba sê Ek het met haar getrou, My bruid gemaak

Ja My kinders sê Abba
Toe kom die tyd wat sy van My afvallig raak
Sy wou My nie meer dien
Sy wou My nie meer liefhê

Ja My kinders
Al het Ek oor en oor probeer om haar weer lief te hê
Al het Ek oor en oor probeer om haar terug te bring na My
Wou sy niks meer weet

Abba sê My kinders
Dit is toe dat Ek besluit
Om My uitnodiging
Ook aan die wêreld te rig

Was daar mense daarbuite
Vra Abba
Wat My wou liefhê en dien
Soos My eie volk nie meer wou doen

Ja sê Abba Vader
Dit was ‘n hartseer dag toe Ek My volk Israel skei
Tog het Ek besluit sê Abba
Om hulle tog deel van My Nuwe Verbond te maak

Ja sê Abba
Ek sou hierdie keer
My uitnodiging aan die hele wêreld stuur
En nie net ‘n uitgekose paar

Ek sou vir die wêreld vra
Is daar van julle daarbuite
Wat My goedheid sou raaksien
En My vrywillig aanvaar

Ja sê Pappa Ek het hierdie nuwe verbond
Met die bloed van My Seun verseël
Ja sê Abba Vader
Ek het besluit om ‘n Nuwe Bruid aan te neem

Ja sê Pappa Vader
My eerste bruid het My verlaat
Afgode het sy gedien
Wou nooit doen soos Ek vra

Dit is toe dat Ek besluit het
Sê Abba
Ek sou die wêreld ‘n kans gee
Om nader aan My te kom

Maar hierdie keer
Sê Abba
Hierdie keer sou hulle
Hulle eie keuse hê

Ja sê Abba
Ek sou hulle toelaat om weg te dwaal
Net soos hule wou
Hulle kon ‘n ander keuse hê

Ja sê Abba Vader
Ek het besluit om mense nie weer te dwing om My lief te kry
Ja sê Abba Vader
Ek het geleer uit dit verkeerd gedoen

Ja sê Abba Vader My liefste kinders
Die keuse was van daar af sal jy My kom dien?
Sal jy kom kind en deel van My Hemelse Israel word
Die Israel wat Ek voor tyd uitverkies het om van My wonderdade te vertel

My kinders, Abba se kinders
Ek het julle lief en daar is soveel wat Ek vir julle kan vertel
Tog is een ding die belangrikste
Sal jy My liefhê en dien met alles in jou

Ja sê Pappa
Dit was van die begin af
My hart sê Pappa
Om ‘n volk te hê waarmee Ek kon spog

‘n Volk wat van My weldade sou vertel
‘n Volk wat nie sou terughou
En ja
Die ander gode gaan liefkry

Ja sê Pappa Vader
Daar is die mooiste lesse te leer
In die stories van die Ou Tyd
Dit vertel van My trou en eer oral oor

My liefste kinders
Ek weet dat julle nie altyd verstaan
Tog het Ek dit goed gedink
Om hierdie briefie met julle te deel

Gaan soek My aangesig sê Abba Vader
Kom vra rerig na My hart
Sodoende liefste kinders
Sal Ek vir julle meer van My waarheid kan vertel sê Abba

Ja My kinders
Abba se kinders
Ek weet dat julle dikwels dink
Ou Israel is vervang

Tog is hulle nie My kinders
Want in My Seun
Staan almal nou weer ‘n kans
Jood, griek, slaaf of vryman

Vir My word julle almal nou
Oor dieselfde kam geskeur
Niemand is meer verhewe bo ‘n ander
Sê Abba

Ja My kinders
Dit is so
Planne is daar wat met Ou Israel moet geskied
En Abba sê dit sal gebeur

Tog moet julle weet
Liefste kinders
In My Seun Jesus
Is julle almal nou dieselfde

Niemand is meer beter as ‘n ander
Sê Abba
So asseblief hou op
Om nog so te dink

Nee My liefste kinders
Nee
Nou is dit My Seun
En My Seun in almal

My Seun
Het almal kom verenig
My Seun
Het die prys van almal se sonde en wegloop betaal

Dit is hoekom Ek deesdae sê
Kom deur My Seun
Die ou dae het al
Van Sy koms vertel

Dis omdat Ek geweet het
Sê Abba
Dit gaan nodig wees
Om die hele wêreld op die einde te red

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Vandag is die keuse julle s’n
Sal julle My kom dien of nie?

Ja sê Pappa
Die oue is verby
Die nuwe het gekom
Laat My Seun toe om julle te lei

Vir die wêreld se sonde en seer
Het My Seun kom ly
Sodat Hy vir julle kon vertel
Dat Ek julle elkeen van die begin af liefhet

Ja sê Abba Vader
Al moes ons ‘n ander pad loop
Al moes julle ‘n paar lessies langs die pad leer
Weet Ek is getrou

Wat Ek beloof doen Ek
Sê Abba
Daarom moet julle weet
Dat Ek My Woord sal standhou

Geen ander een
Is daar soos Ek
Die Enigste Een
Die Ware Een

Weet dit kinders
In My Seun is julle een
Daarom het Ek gekom
Om vir almal ‘n kans te gee

‘n Kans te gee
Om My aan te neem
‘n Kans
Om reg te maak dit verbrou

Kinders van die wêreld
Julle wat nie glo
Kom asseblief en weet
Almal staan in Jesus ‘n gelyke kans

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s