Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Veilige môre’s

Naby aan U hart
Is waar ek U hoor
Daarom Abba Vader
Wil ek altyd naby bly

Ek wil nie dat aardse dinge
Of rykdom
My weglok van U
Nee ek moet altyd naby bly

Abba help my asseblief
Om dit reg te kry
Dat U en U Koninkryk
Al sal wees wat ek op aarde nastreef

Pappa U het
In U Woord beloof
U sorg vir die swaeltjies
Hoeveel te meer vir my

Pappa U sê ook in U Woord
Dat hulle nie werk of spin
Tog is die lelies in die veld
Met meer geklee as Salomo

Pappa help my asseblief
Om hierdie waarhede te onthou
In U hande is die toekoms so veilig
Daarom hoef ek myself nie oor die dag van môre te bekommer

Saam met U
Bly die lewe ‘n lied
Dis omdat ek in elke storm net besef
Dat U groter is

Abba
As die storms van die lewe maak
Dat ek U meer liefhet en vertrou
Stuur hulle dan o Heer

Pappa sonder U wil, kan en gaan ek nie
Elke nuwe dag betree
Nee ek moet nou alreeds weet
Dat U oor elke een Koning is

Ja Abba Vader
Al weet ek nie wat die toekoms inhou
Weet ek dat U my môre
Alreeds styf in U hand vas hou

Abba daarom hoef ek nie te vrees
Vir wat die dag van môre inhou
Nee ek hoef net te weet
Dat U alreeds daar is

Ja sê Abba Vader dit is so
Julle kan maar meer kom hoor
In My hande is elkeen van julle môre’s
So veilig My kinders omdat Ek rerig omgee

Kinders julle hoef nie te werk vir My goedheid
In My Seun het julle dit alreeds
Kinders julle moet net seker maak dat julle op My weë bly
Sodoende kan die vyand dit nie steel

Ja sê Abba Vader
My kinders dit is wat hy altyd doen
Hy steel My goedheid
Wat Ek so vryelik aan jou uitdeel

Ja sê Pappa
My kinders hy kry dit dikwels reg
Omdat julle nie
Op die skoon, rein pad bly

My kinders
As julle op sy grond-gebied bly
Gaan hy bly steel dit wat Ek vir jou wil gee
Weet dit asseblief

Pappa se kinders asseblief
Kom glo net vir My
Kom weet dat Ek diep omgee
En dat My hart vir jou oorvloed is

Ja sê Abba Vader
My kinders staan asseblief sterk
Staan vas
In die oorwinning aan die kruis behaal

Kinders julle moet altyd weet
Ek gee om vir julle
Met omgee-groot
Omgee wat kinders gaan bly haal

Kom net nader My kinders
Altyd nader aan julle Pappa se hart
Daar waar julle My hoor liefste kinders
Is waar Ek wil hê julle moet bly

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s