'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Krake & Gate

Baie kere sê Pappa
Dat My kinders
Met krake in hulle lewens
Bly rondloop

My liefste kinders
Sal julle die krake
Asseblief vir My bring
My toelaat om My lig te skyn?

My kinders asseblief
Sal julle julle Hemelse Pappa
Kom vertrou en weet
Dat Ek net die beste vir julle wil hê

Ja sê Abba Vader
Kinders
My hart vir julle is goud
Weet dit asseblief

My kinders
Meer en meer
Wil Ek julle vra
Om My asseblief te vertrou

Kinders asseblief
Ek weet dis nie altyd vir julle maklik nie
Maar kinders julle sal sien en vind
Dat dit die beste ding is wat julle kan doen

Ja sê Pappa asseblief
Kinders asseblief
Kom sien en weet
Dat niemand met My kan vergelyk

Ek kan doen wat geen aardse dokter kan doen
Sê Pappa
Ek kan die seerste hart heel
Die stukkendste hart weer aanmekaar sit

Ja My kinders
Kinders van die wêreld
Julle kan My gerus kom glo
En dit vir julleself probeer

Ek sal My lig
Deur die krake en gate in julle lewens skyn
Ek sal kind
My genesing bly bring

Al is dit nie maklik
Vertrou My
Gee My ‘n kans
Om alles vir jou beter te maak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s