'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot

Toetse van Geloof

Is jou hart
Somtyds seer
En jy verstaan nie altyd
Wat rondom jou gebeur?

Liefste kinders
Dis in tye soos die
Wat julle rerig geloof moet behou
En julle oë op My bly hou

Ja sê Abba
My kinders
Geloofstoetse word toegelaat
Om julle meer van My te leer

Kinders Ek wil julle kom vertel
Dat Ek waardig is
En dat Ek die enigste een is
Wat julle rerig kan vertrou

Ja sê Abba God
Dikwels maak dit seer
Wanneer julle geloof getoets word kinders
Maar dit is omdat ons moet weet

Ons moet weet en kyk
Of julle dalk in die toekoms
Julle harte op My gaan draai
Ons moet seker maak

Kinders asseblief
Julle moet verstaan
Dat dit soms nodig is
Om sterk te staan in My

Kinders julle geloof
Kan julle maklik met julle monde bely
Maar wat gebeur
Wanneer Ek toetse toelaat?

Ja My kind
Staan jy dan nogsteeds sterk
Hou jy dan nogsteeds aan om te bely
Ek sal jou God bly?

Ja sê Abba
My kinders tawwe tye moet kom
Dis baie kere deel van die lewe
Sodat ons by die egtheid van julle geloof kan uitkom

En ja sê Abba Vader
My kinders al is dit dikwels moeilik
Is dit nodig vir jou
Om in geloof saam met My te groei

My liefste kinders
Dis omdat Ek julle sterker in My wil kry
Dis omdat Ek wil hê dat julle My karakter
Nog meer te leer sal kry

Kinders asseblief
Julle moenie skaamkry
Of sleg voel
Wanneer dit gebeur

Kinders van My hart
Toetse van geloof
Gaan daar altyd wees
Dis om julle sterker in My te kry

Pappa sê My kinders
Sal julle asseblief altyd bely
God is groot
Hy weet van my

Pappa se kinders
My hart vir julle is goud
Weet dit asseblief altyd
Moenie dat hierdie waarheid skipbreuk in julle lewens lei

Abba se kinders asseblief
Ek vra dat julle altyd
Na die Kruis sal kyk
My kinders onthou asseblief wat het daar gebeur

Daar sê Abba
Het Ek My trou en liefde vir altyd kom bewys
Daarom is dit nie nodig
Om ooit twyfel in julle harte te hê

En ja My kinders
Selfs al kom kuier twyfel dikwels
Moet julle hulle net bly wegjaag
Met die mooi van wie Ek is

Abba se kinders
Julle kan My altyd vertrou
Daar is ‘n rede My liefste kinders
Dat Ek baie kere die volle prentjie weerhou

My kinders
Dis omdat My hart julle s’n
Dieper wil grondves in waarheid
En die vertroue van wie Ek is

Kinders julle hoef nie die volle prentjie te verstaan nie
Nie ooit nie
Julle moet net leer
Om julle oë elke dag meer op My te hou

Ja My liefste kinders
Abba se kinders
Ek sal die volle prentjie altyd meer en meer oopbreek
Soos wat julle My vertrou

My kinders
Wat help dit Ek wys julle
Die volle prentjie van die begin?
Dis mos nie geloof en vertroue in My

Liefste kinders asseblief
Dis nie dat Ek ooit wil seermaak
Sê Abba
Dis nooit die bedoeling

Ek weerhou met tye
Die volheid van My planne
My kinders
Om julle geloof en vertroue in My te toets

Ja sê Abba
Ja My kinders
Soos goud in vuur gelouter word
So is dit ook dikwels nodig met julle geloof

Dis net om julle geloof
Te suiwer My kinders
Dis om die goud
Meer uit te bring

My kinders asseblief
Julle hoef nooit te twyfel
Of bang te wees
Dat Ek My rug op julle gaan draai

Selfs in seisoene wat julle geloof toets
My kinders
Moet julle weet
Ek is altyd naby

Ja My liefste kinders
Ons moet uitvind of julle waardig is
Die pad vir julle uitgelê
En of julle ooit julle rug op My sal draai

En ja sê Abba Vader
Selfs al is hierdie gelooftoetse
Nie ‘n waarborg dat dit nie gaan gebeur
Help dit nogsteeds om te weet

Ons het jou opgelei
Ons het jou reg geleer
Wat jy daarmee doen
Dit sal altyd jou vrye keuse bly

Ja My liefste kind
Geloofstoetse is nodig
Ek bid rerig dat julle dit sal wil begin hoor en dat julle in daai tye
Veral sal bly vasstaan in julle geloof in My

Ja sê Abba Vader
Asseblief
Moenie jou rug op My draai
Hou vas My kind, hou vas

Weet asseblief dat Ek
Die beste vir jou beplan
Selfs al sluit die pad seer in
Sal jy bly bely?

My kind
Jy moet net aanhou glo
Asseblief die mooiste
Lê nog voor

In donker tye
In goeie tye
Sal jou geloof eg bevind word
Dit is al wat ons probeer bepaal

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s