'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Tye wat vrae vra

In tye van seer
En donker verdriet
Wonder ek partykeer
Is God rerig goed?

Ja dis so dikwels
Wat ons dit maklik sê
Maar hoe is dit
Dat ons dit nie altyd binne glo?

Want ja dis maklik om te sê
Maar tog wanneer iets sleg
Aan ons deur kom klop
Vra ons dit steeds?

Ek hoop dit was vir my nooit nodig
Om God se goedheid in twyfel te trek
Tog met al die dinge
Wat dikwels gebeur?

Dit laat jou wonder
Dit laat vrae ontstaan
Daar binne in jou binneste
Waar mense nie rerig kan sien?

Ja Abba se kinders
Ek wens dit was nie ooit nodig
Om te bepaal of ons geloof
Dalkies net te vlak lê

Ek verstaan nie aldag nie sê Pappa
Dat mense kan sê hulle glo en vertrou My
Maar wanneer iets gebeur wat hulle nie wil hê
Maak dat hulle dadelik My goedheid in twyfel begin trek

Want sien sê Abba
Dis altyd so maklik vir mense om te sê
Maar wat as ook julle dade
Dit moet begin bely?

My kinders
Vertrou julle hart Myne?
Rerig?
Vra julleself asseblief die vraag

Ja My kind
Ek weet dit is moeilik
Ek weet jy verstaan nie aldag
Maar sal jy bly glo My hart vir die wêreld bly goud?

Dit is My liefste kinders
Hoekom julle My karakter moet leer ken
Meer en meer
Want dan sal jy My nooit betwyfel nie

Ja My kinders
Ek weet
Baie kere wat die wêreld van sleg getuig
En dan bly mense wonder

My kinders
Julle moet asseblief altyd onthou
Dat My hart vir julle goud is
En dat Ek net die beste vir julle wil hê

Vat dit in geloof
My kinders
Asseblief vat dit in geloof
Weet dat dit so is

Geloof in My word getoets sê Abba
Met sekere dinge wat Ek toelaat
Want ons moet kyk of jy My nie net dien
As dit net goed gaan

Ja sê Abba Vader
Vra jouself
Sal ek God bly dien
Selfs as dit swaar gaan?

Selfs as ek nie my sin kry
Selfs as iets gebeur wat ek nie wou hê
Sien kinders dit is die vrae in My hart
Julle wil nie weet My kinders hoeveel mense dan op My uitloop

Kinders as julle geloof
Nie stormtye kan weerstaan
As julle dan so vinnig opgee
Wat help dit?

Nee My liefste kinders
Geloof moet eg bevind word
In die diepste storms
Dit is hoe Ek weet wie het My rerig lief

Asseblief My kinders
Julle moet aanhou glo
Selfs al sê die wêreld ook wat
Dis nie My hart vir julle om seer te kry

En ja sê Abba Vader
My kinders al gebeur dit ookal
Moet julle altyd onthou
My liefde is reeds bewys

My kinders 2000 duisend jaar terug
Het My Seun hierdie aarde bewandel
God-self
Om vir julle te wys

Ek sal julle plek vat
Ek sal vir julle ly
Onthou dit asseblief wanneer jy weer seer het
Deur My wonde genees jy

My kinders wanneer julle weer
Swaar aan die laste van hierdie wêreld dra
Wil Ek vra
Kyk na die kruis

Gaan kyk wat het God-self vir julle kom wys
Dat Hy groter as swaarkry is
Dat Hy te vertrou is
Selfs in die donkerste nag

Ek het My goue hart vir julle daar kom bewys
Onthou dit gerus My kinders
Wanneer die vyand volgende keer vir jou kom vertel
Dat Ek My mes vir jou en die wêreld inhet

Dit is nie so My kind
En Ek wil rerig vra dat jy dit sal glo
Hou vas daaraan volgende keer
As leuens jou wil kom verlei

Ek is die getroue God
Van die Hemel en Aarde
Ek is vir jou
My Seun aan die kruis van Golgota het dit kom wys

Glo My hart kinders
Hou vas aan My karakter kinders
Wie Ek is
Weet dat Ek julle nooit in die steek kan laat

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s