Liefde so groot, Nuwe hoop

Die verskil lê in die ja

Hierdie hemelse gefluister
In my hart
Dit seën my so
Ek wil net baie dankie sê

Abba Vader dankie
Dat U ons die voorreg gegee het
Om U beter te leer ken
Dat die deur vir almal wa-wyd oop staan

Sien voor elke een van ons
Staan die daaglikse keuse
Sal jy bly groei saam met God
Of net bly waar jy is

Nee My kind
Ek wil nie hê dit moet so wees
Kind Ek wil hê jy moet vind
Dat Ek rerig in jou leef

Ja sê Abba Vader
My kinders daagliks wil Ek
Meer en meer ‘n werklikheid in julle lewe word
Sal julle My asseblief toelaat

Ja sê Abba Vader
Net om in oorvloed
En met My alles in jou te leef
Dit is wat Ek vra

My kind
Sal jy asseblief ook nader kom
Sal jy ook bereid wees om te vra
Here gee my meer?

Want dis maar al wat ek gedoen het
Vriend, vriendin
Ek het Pappa God gevra vir meer
Meer van Hom en alles waar dit Hom aangaan

Nee my liewe vriend en vriendin
Dis nie omdat ek meer spesiaal is as jy nie
Ek is nie uitverkies
Ek het net gevra 🙂

My kind
Sal jy dit asseblief ook begin doen
In jou gebede aan my
Opreg en eerlik

My liefste kinders
Sulke gebede
Antwoord Ek altyd
Weet dit asseblief

Meer van My
Wil Ek altyd
Aan elke kind van My gee
Weet dit asseblief

As jy sou nader kom
My kind
Net nader aan My
Sou jy dieselfde kon hê

Moenie bang wees nie
My kind
Kom gerus nader
Kom loop ‘n pad van hartsintimiteit met My

Dis die begeerte in My hart
Sê Abba Vader
Dat elke kind van My
My waarlik moet ken

Ja sê Abba
Die ware Jakob
Nie net ‘n gepraat
Wat nooit dieper lei

Kom spoor na My hart kinders
Dis al wat Ek bly vra
Kom nader
Asseblief nou

Die afstand tussen ons
Hang baie meer van jou af
As van My
Weet dit My kind

Ek wil jou aanmoedig
Om verder te kom soek
Die wat waarlik na My soek
Hulle vind My altyd

My kinders
Dit is My hart om wie Ek is met jou te deel
Sal jy asseblief kom
Jou alles voor My neerlê

Asseblief kind
Seun en dogter van My hart
Kom nader aan My
En kom vind alles waarvan Ek nou hier praat

Die rykdom en diepte in My hart
Seun en dogter
Dit is wat Ek vir jou wil gee
Sal jy asseblief ja sê?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s