'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Gesond-maak-God

Bring die seer in jou hart
Al die swaar
Weet jy My kind
Ek kan dit beter maak

Daar is geen wond
Te klein of groot vir My
Ek kan elke een
Genees en gesond maak

Ja kinders van My hart en die wêreld
Daar is geen rede vir julle
Om met die swaar en seer rond te loop
As Ek hier is om te help

My kinders
Dit maak nie vir My sin nie
Hoekom julle aanhou met weghardloop
As Ek rerig kan genees

Wees sterk
En kom na My
Gee My ‘n kans
Om in jou lewe te werk

Abba se kinders
Asseblief weet
Julle is goed genoeg vir My
Die kruis het lankal reeds kom getuig

Dat Ek julle
Meer as aanvaar in My Seun
Dat My Seun goed genoeg is
Al was julle nooit

My kinders
Julle moet rerig weet
Ek is by julle
Ek gee rerig om

Gee My ‘n kans
Kinders
Kom ‘n bietjie
Kom sien dat My hart goud is vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s