Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Diep kosbare plekkie

Sal jy ja sê vir My hart
As Ek jou aanhou vra
Dit is wat Ek jou Hemelse Pappa
So graag wil weet

Kind Ek hou aan vra
Maar nooit ooit wil jy nader kom
Hoekom is dit so
Ek wil graag weet

Kind Ek verstaan nie
My uitnodiging lê so oop
Kom liewe wêreld
Kom almal en kom vind My

Hoekom hou julle julleself
Altyd besig met iets anders
Hoekom koop julle nooit
‘n Tydjie uit saam met My?

Kinders Ek wil vra
Dat julle asseblief nader sal kom
Nader aan My
En als wat Ek so graag wil deel

Ja sê Abba Vader
My kind jy is so spesiaal vir My
Sal jy dit asseblief weet
En net nader kom?

My kind
Dit is in My hart
Om vir jou te vertel
Dat My liefde vir jou nie dieper kan lê

Sal julle dit
Asseblief altyd weet
Dat julle so vêr by kosbaar
En spesiaal-verby is vir My

Kinders My Woorde
Kan nie vergelyk
Dit kan nie reg laat geskied
Aan wat Ek voel as Ek vir jou kyk

Ek bid in My hart
Dat jy sal weet
Dat jy sal vind
Die diep kosbare plekkie wat jy het in My hart

Ja sê Pappa
My kind
Jy is vol liefde vir My
Maar Ek ook vir jou

Dit is die beste geskenk
Waarvoor Ek ooit kon vra sê Abba
Kinders wat My ook diep
Vanuit hulle harte liefhet

Pappa se kinders
Dankie My kinders
Dat julle die wêreld vir My
‘n Soveel beter plek maak

Ja sê Abba Vader
Net om te weet
Daar is kinders wat My opreg liefhet
En tot die einde gaan bly vashou

Dit seën My hart geweldig
So baie sê Abba God
Ek wou dit maar net hier en nou
Graag vir jou sê

Weet jy dit?
Ek hoop so
Dis die anker van jou lewe My kind
Dis My liefde wat julle tot die end sal deurdra

Dankie dat julle is
Wie julle is
Dat julle woon
In My hart

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s