Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

‘n Uitmis-storie

Het julle Hom al gevind
Wat liefde, oorvloed
Genade, vergifnis
En als in een is?

My kinders
As julle nog nie het nie
Dan mis julle so uit
Julle sal dit skaars glo

Kinders van My hart
Julle wat Ek nooi
Kom asseblief
Kom vind uit waarop jy so uitmis

Kinders asseblief
Die mooiste drome het Ek
Vir julle lewens gedroom
Wil julle nie kom ja sê

Asseblief kom sê ja
Asseblief kom vind My hart
Kom kyk hoe mooi hy daarna uitsien
Vir jou en van elke ander kant

Liefste kind
Jy moet kom kyk
Waarop jy uitmis
Jy moet rerig kom vind

Kinders asseblief
Kom net nader
Kom vind
Waaroor Ek nou praat

My hart is vir julle
Nooit teen julle
Glo julle dit
Rerig?

Pappa se kinders
My hart is mooi
En in my hart dra elkeen van julle
Soveel onskatbare waarde

Sal julle dit asseblief kom glo
En nie net dink
Dat dit net sommer mooi woorde is
Nee asseblief

Ek nooi julle dieper
Ek nooi julle nader
Aan My hart
En om die waarheid te kom vind

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s