Byt vas, Nuwe hoop

Getrouheid word beloon

Die Ewige Ek Is
Dit is ons Pappa se Naam
Die Een wat was
Is en altyd sal wees

My hart wil sing
Bly getuig
Abba dankie dat U so wonderlik-goed is
Daar is net een van U

My kinders
Julle moet altyd weet
Ek vertrou julle harte
Die wat getrou bly aan My

Ja sê Abba
Al val julle dikwels, al kry julle seer
Julle hou aan met opstaan
En dit beteken vir My geweldig

Ja sê Abba
My kinders Ek weet
Van die van julle wat seer het
Maar bly voortstrompel

My kind
Ek wil hê jy moet weet
Ons gaan hierdie geveg wen
Al was hy diep en swaar op plekke

My kind jy moet My hand
Bly vashou
My kind ons gaan dit maak
Jy gaan sien!

Ja sê Hy
Al voel jy dikwels verlore
Asof jy nie lekker staanplek vir jou voet kan kry
Moet jy weet Ek is by jou

Ja sê Abba Vader
Dit is Ek wat jou bo hou
Met My krag en liefde
Jy kan maar net in My arms val

My kind wees rustig asseblief
Ek wil hê jy moet weet
Ek is in beheer
En Ek kyk na jou

Daarom hoef jy nie bang te wees
My kind
Jy moet net sterk staan
In jou geloof en vertroue in My

Als gaan uitwerk soos dit moet
Als gaan draai vir goed
Hou jy net aan om My wil te bly bid
En weet dit gaan gebeur

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s