Liefde so groot, Nuwe hoop

Jesus in die Tuin van Eden

Dit is met heimweë
In My hart sê Abba
Dat Ek dink aan julle
My kinders wat op aarde is

Pappa se kinders
Ek onthou die eenheid wat ons gehad het
In die Tuin van Eden voor die sondeval
En My hart kan nie anders as om terug te verlang

Kinders Ek verlang na die dae
Toe ons alles gedeel het
Toe julle ten volle in My was
En Ek in julle

Kinders Ek verlang na die dae
Toe ons kon lag en gesels
Asof daar nie tyd is
Asof niks anders bestaan

Pappa se kinders
Wanneer was dit nie meer goed genoeg vir jou
Waar en wanneer het julle besluit
Om julle rug op My te draai

My liefste kinders
My hart dink terug met verlange
En Ek wens
Dat dit gou weer so kan wees

Ja Abba se kinders
My kinders, kinders van die wêreld
Ek verlang so na julle
Om net weer terug by My te wees

Ek wens ons kon weer hê
Dit wat ons daar gehad het My kinders
‘n Perfekte wêreld
Sonder sorg en seer

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Ek wil julle net bemoedig
Dit gaan weer so wees

In My Seun
Deur Sy lewe en kruisdood op aarde
Het Ek dit vir ons moontlik gemaak
Om weer dieselfde eenheid te hê

Ja sê Abba Vader
My kinders
Dit is weer moontlik
Om My met jou alles te bemin

Alles het Ek kom regmaak
Meer is herstel as aan die begin
Toe My Seun
Vir ewig Koning raak

Ja sê Abba Vader
Aan Jesus het Ek alle mag oorgegee
Oor die dood het Hy getriomfeer
En Hy sal tot die einde regeer

Kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Julle hoef nie bang te wees
Om ten volle terug te keer

Dit is seker
Net omdat julle nie weet of kan onthou nie
Dat daar ‘n tyd was
Toe alles tussen ons perfek was

Ja sê Abba Vader
Toe ons in alles een was
Toe ons alles kon deel
Toe julle nie skaam was vir My

Sien sê Abba Vader
Dit is sonde wat die kleed
Van skaamheid om julle kom hang het
Sonde het julle weg van My kom neem

Sonde het geruineer
Dit wat tussen ons was
Dit wat nog tussen ons kan wees
Die dag toe hierdie wêreld vir die swart ja sê

Ja My kinders Ek weet
Dit was nie lekker toe julle dit besef
Maar daai dag is My plan in aksie gesit
Om julle terug te bring na My

Kinders julle moet weet
Dat Ek nog altyd in julle geglo het
Ek het van die begin af geglo
Dat sommiges van julle wel sou terugkom

Ja sê Abba Vader
Want Ek kon die berou
Dadelik op julle gesigte raaklees
Julle harte wat besef ons het so verkeerd gemaak

Dis vir julle wat Ek terug gekom het
My kinders
Julle wat so onmiddelik spyt was
Julle wat net nie genoeg jammer kon sê

Liefste kinders van My hart
Dit het vir My so baie beteken sê Abba
Dat julle, julle fout besef het
En dat julle dit so gou wou regmaak

Tog My kinders
Als moes volgens My plan en tyd gebeur
Jesus moes eers kom
En jy moes in Hom glo

Ja sê Abba Vader
Julle moes eers glo in My Seun gestuur
Julle moes sien en glo dat Hy die straf kom dra het
Wat julle moes verdien

Ja My liefste kinders
Ja Ek verstaan
Dit was nie vir julle lekker om die Tuin van Eden te verlaat
Julle wou so graag daar bly

Ja Abba se kinders
My kinders
Ek wens julle kon onthou
Dat daar rerig ‘n tyd was waar julle nie genoeg van My kon kry

Maar toe My liefste kinders
Iewers
Toe kry sonde en verleiding ‘n oop deur in julle harte
En hoe het hy dit nie reggekry

My kinders Ek wil hê julle moet weet
Dit was nog altyd My hart om julle terug te bring
Ja sê Abba Vader Ek kon nie anders
Nadat Ek die trane van berou in julle oë sien

Pappa se kinders
Kinders wat aan die wêreld behoort
Sal julle asseblief terugkeer na julle Hemelse Pappa se woning
Daar waar Ek vir julle wag

Ja sê Abba Vader
My kinders
Julle moes self sien
Julle moes self leer

Van julle kinders
Het tot vandag nog nie gesien nie
Van julle het tot en met vandag nog nie besef
Die verkeerd gedoen in die Tuin van Eden

Liefste kinders
Julle het van die vrug geeët
Waarvan niemand ooit moes eet
Die boom om julle getrouheid aan My te toets

En ja sê Abba Vader
Selfs al het julle toe van hom geeët
Weet julle mos nou al
Het julle gehoor?

My Seun het in jou plek
Die loon van sonde kom betaal
Sodat jy kon terugkom
Weer ‘n plek in jou Vader se huis hê

Ja My kind, ja
Dit is al wat Ek van My kinders vra
Kinders wat bereid sal wees om terug te kom
Kinders wat bereid sal wees om die skaamheid na die Lig te bring

Weet julle hoeveel van My kinders
Sê Abba
Sit nog in die skaamheid
Van Adam en Eva se verkeerd-doen

Ja sê Abba Vader
My kinders daar waar julle besef
Ek het so verkeerd gedoen
En niemand gaan my weer wil hê

Kinders Ek wil hê julle moet daaroor dink
Ek wil hê julle moet besef
Die shame wat Satan op julle sit
En wat dan maak dat julle wegkruip

Ja sê Abba Vader
Net soos Adam en Eva, geklee in blare
Sit julle agter struike
En wegkruip

Julle wil nie uitkom nie
Sê Abba
Die duisternis in julle vrees die lig
En sê vir julle dat julle nie meer goed genoeg is

Ja sê Abba Vader
Dat julle nie waardig genoeg is nie
En dat Ek julle verseker
Nooit sal wil terughê

Abba se kinders
Ek wil julle vra om te onthou
Wie het vir wie in die Tuin van Eden kom soek
Wie het agter wie aan geroep?

My liefste kinders
Pappa se kinders
Is dit nie altyd Ek wat julle weer kom opspoor nie
Wat kom vra maar kind hoekom is jy so stil?

Ja My liefste kind, ja
Dit is nog net soos daai tyd
Kinders wat bly wegkruip
Oor die verkeerd gedoen

My kinders, Abba se kinders
Ek wil vra asseblief kom uit
Vanuit die bosse waaragter jy skuil
Kind jy hoef nie meer sleg te voel

Abba sê My kinders
Ek het die ewige pad gebaan
Terug na julle Vader se huis
In My Seun

Ja My liefste kinders Ek moes julle wegstuur
Sonde het skeiding tussen ons twee gebring
My perfekte heiligheid en jou gevalle toestand
Ons kon nie meer saam woon

Tog sê Abba het Ek ‘n pad gemaak
Om weer My tabernakel in jou hart te bou
Ja sê Abba dit was My plan van die begin
Om My Seun te stuur

Kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek het van die begin af gedink
Hoe sal Ek julle kan terugbring na My?
Hoe sal Ek dit doen?

My Seun – Ekself was die plan
Ekself sou kom
In jou plek kom ly
Sodat jy kan besef dat ons jou rerig terug wil hê

Ja sê Abba Vader
Julle kon dalk nie toe in My teenwoordigheid bly
Maar My kind nou kan jy
Want Jesus het gekom!

Daarom My kind
Moenie meer terughou
Kom My kind
Die prys vir jou sonde is betaal!

Dankie liefste Abba Vader, dankie
Ek sien dit nou so mooi
Die shame wat sonde op ons sit
En U wat ons kom haal

Dankie Abba Vader
Dat U ons ‘n kans gegee het om U te vind
Dankie Abba Vader
Dat U nooit opgegee het op ons

Kind kan jy sien sê Pappa
Net soos wat Ek Adam en Eva
Agter die bosse gaan haal het waar hulle wegkruip
Doen Ek vandag dieselfde met jou

My kind Ek
Ek wil vir jou ‘n kleed van geregtigheid aantrek sê Pappa
Die geregtigheid in My Seun sê Pappa
Dit is waarvan die skaapvel-klere wat Ek hulle aangetrek het getuig

Van die lam My kind
Wat geslag gaan word
Vir jou
En die sonde van die wêreld

Daardie tyd reeds het Ek vir julle vertel
Pappa se kinders
Ek gaan julle kom haal
Ek gaan julle geregtigheid kom herstel

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Asseblief sal julle kom
Net julle skaamheid bely

Moenie dat die donker
Kinders daar wil bly
Kom asseblief donker
Kom na Lig

Kinders daar is soveel
Wat Ek kan herstel
In ‘n oomblik
As jy net bereid was om dit te doen

Laat gaan My kinders, asseblief
Van die donkerte
Wat jou in skaamheid en waardeloosheid wil hou
Jy is nie daarvoor gemaak

My kind
My kleed van geregtigheid wil Ek jou aantrek
Net soos met Adam en Eva
Wil Ek jou weer ‘n kans gee

Daarom My kind
Kom asseblief net nader aan My
Kom sien en vind al die wonderlike goed
In My Seun vir jou voorberei

Die Ewige Een
Die Waardige
My kind dit is waarvan My heimweë getuig
My verlange om jou weer in volle eenheid in My hart te hê

Ja My liefste kind
Ek en jy
Een
Waarlik

Net soos in die Begin
Net soos wat dit vir altyd in die hemel gaan wees
Net soos wat dit nou alreeds
In My Seun moontlik is

Ek seën jou My liefste kind
Dogter en Seun
Met ‘n hart wat Myne
In volheid wil kom vind

Soveel genesing
Wat op jou oorgawe wag
Sal jy asseblief net ten volle kom ja sê?
Dit is die vraag wat in My hart leef

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s