'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Opinie wat tel

Weet julle dat Ek in julle glo
Sê Abba
Meer as wat enige iemand
Ooit in julle sal kan glo

Nee My kinders
Asseblief
Julle moet ophou om soveel hoop en aspirasies
Om mense se opinies van jou te bou

My opinie moet vir julle genoeg wees
Sê Abba
Dit moet vir julle
Baie meer as enige iemand anders s’n tel

Ja My kinders Ek wil vra
Kom vind jou waarde in My
En dan sal dit nooit nodig wees vir jou
Om minderwaardig te voel

Ja My kind asseblief
Ek wil hê dat jy sal besef
God is goed
En Hy is lief vir my

Hierdie woorde
Kan jou lewe verander
As jy dit net
Sal toelaat

Ja sê Abba Vader
Asseblief My kinders
Moenie julle waarde op mense en hulle opinies bou
Dan gaan julle val

Nee My liefste kinders
Sien My
Al waaroor jy eintlik moet omgee is
Wat dink Ek van jou

Ja sê Abba Vader
My kinders
Julle moet weet
Waar julle waarde lê

Soveel kere sê Abba
Wat die vyand steel
Wat hy jou soos ‘n niksnuts laat voel
Omdat jy hom toelaat om so met jou te maak

Nee My kind
Jy moet onthou
Jy is ‘n wenner in Christus
Ek wil hê jy moet dit weet

Laat jou emosies dan
Van hierdie waarheid afhang
Sê Abba
As emosies jou gemoedstemming moet bepaal

My kinders asseblief
Julle moet julle vreugde
In My behou
Julle huis aanhou daarmee bou

My kinders
Julle blydskap in My
Dit is julle beskutting
Dit sal julle veilig hou

My kinders
Wees altyddeur bly
Selfs in die rofste omstandighede
Weet dit Ek is daar

Ek gee om vir julle
My kinders
Asseblief laat dit jou waarde bepaal
Die feit dat jy seun en dogter is van die Allerhoogste God

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s