Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Die waarde in jou

Die waardige een
Die enigste een
Dit is wie my God is
Weet jy wie Hy is?

Ken jy Sy Naam
Het jy Hom al jou vriend gemaak?
Kind Ek wil jou vra om dit te doen
Daar gaan nie veel langer tyd vir jou wees

Dis rerig tyd
Sê ons Vader
Wêreld dat julle julle oë
Harte op My kom plaas

Mense van die wêreld
Kinders van My hart
Die tyd raak waarlik min
Vir jou om ja te sê vir My

Ja sê Abba Vader
Kind Ek wag al vir jare
Tog weier jy nogsteeds om jou weg terug na My te vind
Hoe werk dit dan nou?

Kind kan jy nie sien
Weet jy nie
God is groot, goed
En Hy wag vir jou

Kind dis rerig tyd
Dat jy kom vind
Wie jy is in My
Daar is soveel waarde wat jy dra

Daar is pyn van diep
Waardeloosheid wat in jou lê
Sê Abba Vader
En Ek wil dit kom herstel

Ja sê Abba Vader
My kind jy moet weet
Jou waarde in My
Lê baie dieper as wat jy glo

Kom My kind
Kom asseblief ‘n bietjie nader
Kom vind dat Ek soveel hoop het
Wat Ek in jou hart wil aansteek

My kind
Kom glo asseblief vir My
Kom stel jou vertroue in My
Weet dat Ek vir jou wag

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s