Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Goddelike Fees

Maak jou hart totaal en al oop
Vir God en Sy teenwoordigheid
Wanneer jy tyd
Met My spandeer

Kinders Ek wil julle leer en wys
Hoe onbevange Ek julle liefhet
Kinders in My liefde
Is daar niks te vrees

Kinders My teenwoordigheid
Is waarlik goud
En Ek wil net dat julle
Dit meer en meer ontdek

Kinders moet nie onrustig
In julle harte wees
Wanneer julle dink
Dat julle tyd met My moet spandeer

Liefste kinders
Dis nie nodig nie
My teenwoordigheid is sag en mooi
Laat dit toe om net om julle te vou

Ja sê Abba Vader
Ek weet dat van julle dit so baie vreemd vind
Dat julle verwag dit gaan ‘n sessie wees
Waarop Ek net julle foute uitwys

Nee liefste kinders, Abba se kinders
Dit is nie wat dit is
Dit is veronderstel om ‘n fees
In My teenwoordigheid te wees

Kinders dis al vir jare wat Ek wag
Om julle rerig te leer
Die kosbaarheid
Om in My teenwoordigheid te wag

Om net in te neem
Sê Abba
Nie om te werk
Vir My goedheid nie

Ja sê Vader
Ek verstaan dit is vreemd vir julle
Want baie van julle is nog nie gesond
In My perfekte liefde vir jou

My kind
Dit is ‘n reis
Moet jou nie so daarmee vermoei
Kom rus net in My teenwoordigheid

Dit is wat stil word
En wag op My
Vir julle moet beteken
Kind drink van die Hemelse Fontein daarbo

Liefste kinders
Asseblief
Moenie meer daarvan wegskram
Laat dit veel eerder jou grootste vreugde word

Liefste kinders asseblief
Word sag My kind
Binne-in
En laat My toe om in te kyk

Ja sê Pappa My kind
Ek wil sien waar het jy nog meer van My teenwoordigheid nodig
Waar is daar stukkend-wees-plekke
Wat Ek met My liefde en vrede kan vul

Sag
My liefste kind
Sag
Dit is hoe Ek altyd werk

Ja sê Pappa
Al is dit nie vir die vlees lekker
Wil Ek nogsteeds vra
Kom wag asseblief op My

Kom ontdek hoe Ek met mense praat
Wat rerig omgee om te hoor
Kom ontdek My liefste kinders
Die wonderlikheid van My

My wese roep uit
Sê Abba
My kinders Ek wil julle soveel meer van My leer
Sal julle asseblief kom kyk

Dis in tyd saam met My kinders
Dat Ek wie Ek is meer met jou kan deel
Dat Ek die ewige
Meer in jou hart kan deponeer

Dit is My liefste kind
Hoekom tyd saam met My spandeer
So ‘n groot noodsaaklikheid is
Dit is omdat dit is waar julle My waarlik leer ken

Ja liefste kinders
Daar is baie tweedehandse kennis oor My wat baie mooi is
Maar liefste kinders
Hoe kan dit ooit die plek van eersteklas wen?

Nee My liefste kinders
Dit is nie moontlik nie
Ek wil vra My kind asseblief nou
Kom nader aan My

Kom vind sê Abba
Dat Ek jou in die holte van My hand hou
En dat jy nêrens ooit
Veiliger sal wees

Abba se kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dat omdat Ek waarlik leef
Dit nie ooit vir jou nodig sal wees om alleen te voel

My kinders
Asseblief
Ek vra julle mooi
Kom ontdek hoe styf Ek jou vashou

Ja sê Abba Vader
Baie mense is blind vir My teenwoordigheid
Tog gaan julle eendag sien My kinders
Hoe mooi het Ek julle opgepas

Ek was altyd daar!
Sal julle dan sê
Julle sal dit skaars kan glo
Hoekom het ons U nooit gesien

Kinders van My hart en die wêreld
Ek vra julle om My te begin raaksien
My hart vir julle is goud My kinders
Glo dit asseblief

Nooit ooit
Sal enige iets of iemand
Ooit met My vergelyk
Weet dit beslis

Voor tyd was Ek al die Waardige Een
Die Een wat gekies is
Om julle terug te bring na die Vader
Sê die Seun

Vertrou op My
Gee aan My julle harte
Die Waardige Een
Die Een wat so mooi daarna sal kyk

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s