Blinde oë, Liefde so groot

Vlees & Gees

Staan op in julle geregtigheid
My liefste kinders
Staan op in die geregtigheid
Behaal aan die kruis van Golgota

Liefste kinders
My Seun het ‘n te hoë prys betaal
Vir jou om net halfhartig
Daarin te funksioneer

Besef sê Abba
Die prys betaal vir jou
Om jou identiteit as seun en dogter van God terug te kry
Besef sê Abba die prys is reeds betaal

Ek wil nie hê sê Abba
Dat julle konstant op ‘n plek moet wees
Waar julle voel julle moet vir julle sonde en verkeerd-doen betaal
As Jesus dit alreeds kom doen het nie

Pappa se kinders
Ek het nie twee offers nodig
Om vir jou verkeerd-doen te betaal
My Seun s’n was alreeds genoeg gewees

Ja sê Abba Vader
Ek weet
Dit is dikwels
Wat julle doen

Julle dink Jesus het iets gemis
En julle moet iets daaraan byvoeg
Nee My liefste kinders, nee
Besef asseblief die prys is ten volle betaal

Kwyt geskel
Is jy beslis
Daar is nie ‘n ding
Waarvoor jy nog moet betaal

En ja sê Abba Vader
Selfs al ervaar jy dalk nog
Die effekte van sonde in julle geslagte
Moet julle weet ons sal ook daaroor die oorwinning behaal

Want ja sê Abba Vader
My liefste kinders
Ek is konstant besig om met Jesus se bloed
Die vervalle wêreld en elke mens daarin terug te koop

Ja sê Abba Vader
My kinders dit gebeur
Wanneer julle Jesus se bloed bly aanwend
Aan elke donker stukkie van jou lewe

Ja My liefste kinders
Ek besef
Dit is nie altyd maklik om te verstaan
Hoe donkerte bly deurtrek

My liefste kinders
Julle moet verstaan
Julle is vlees-mens
En van die begin het die vlees oortree

Ja My kinders
Aan die begin
Het julle van die boom geeët
En daar het verkeerd ingekom

Liefste kinders
Daardie verkeerd het ‘n geheue
En hy gaan aanhou terugkom
Totdat iemand sy krag finaal verbreek

En ja sê Abba Vader
My liefste kinders dit is wat gebeur
Wanneer julle met verootmoediging en berou voor My kom
En net sê Vader vat weg alles in my wat nog verkeerd wil doen

Ja sê Abba Vader
My kinders julle moet besef
Die vlees moet dood
Vir die gees om te triomfeer

In julle gees
My liefste kinders
Is julle nuutgemaak
Die dag toe julle vir Jesus aanneem

Nou My kinders
Moet julle besef
Dit is ‘n proses
Om ook die vlees skoon te kry

Ja sê Abba
Ek het al die verkeerd in My Seun vergeef
Nou moet ons julle loskry
Van als wat nog in die vlees ‘n houvas op julle wil hê

Ja My liefste kinders
Daar is baie kere wat alle boeie val
Die dag wat julle Jesus aanneem
Tog is daar kere wat dit net nie so werk

Abba se kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
Daar is ‘n proses wat Ek met elkeen van My kinders deurwerk
En dit lyk nie altyd vir almal dieselfde

Ja sê Abba Vader
Dis ‘n proses waar ons die verkeerd
Saam met Jesus
In Sy bloed bly neerlê

Ja dikwels sê Abba Vader
Wat My kinders dit verkeerd het, hulle dink als is nou verby
Dit is nie meer nodig om vlees en verkeerd neer te lê
En elke dag nuut saam met Jesus op te staan

My kinders
Julle moet verstaan
Daar is baie verkeerd wat in die verlede lê
En dit maak net sin dat dit gevolge gaan hê

Kinders julle moet altyd in die oog hou
Dat Ek groter is
En dat daar niks is
Wat My kan terughou

Kinders sal julle asseblief verstaan
Wanneer Ek vir julle vra
Sê nee aan vlees
Omdat sy so graag weer ‘n plek in jou lewe wil hê

Hou aan nee sê
Hou haar uit sê Abba Vader
En verstaan dat Ek
Jou ‘n nuwe lewe gee

Ja sê Abba Vader
Verstaan My kind
Alles is neergelê en oorwin
In My Seun en Sy bloed

Dis daarom dat Ek vra
Hou aan om Jesus se bloed aan te wend
Aan die deurposte van jou hart en lewe
En hou aan om in My Glorie-Lig te leef

Want ja sê Abba Vader
Dit is wanneer julle dit bly doen
Wat Ek kan seker maak
Dat donkerte nie meer ‘n plek in jou lewe het

Hou aan My kind om die Lig te bly innooi
In jou hart en lewe sodat jy aan die einde
Soos die Bybel sê onberispelik bevind sal word
Gees, siel en liggaam

Ja My kinders, ja
Ons moet dikwels
Deur die donkerte in julle lewens werk
Sodat julle waarlik vryheid kan hê

My kinders moet asseblief
Dan nie aanhou om dit weg te wys
Hou aan My vas
En laat toe dat ons teruggaan

Dikwels sê Abba
Wat dit nodig is
Om vir die wat voor jou was
Se verkeerd in te tree en jammer te sê

Ja sê Abba Vader
Omdat hulle nie self wou nie
En omdat hulle nie verstaan het of omgegee het
Dat hulle verkeerd ‘n effek op hulle geslagte sou hê

Begin maar dus sê Abba Vader
Om julle geslagte
En die geslagte van die wêreld
In Jesus se bloed te doop

Dis wanneer ons
Jesus se bloed verklaar
En Sy Lig bly innooi
Dat die donkerte nie meer kan bestaan

Dit is My hart
Dat elke mens wat op aarde woon
Nie meer ‘n vlek van sonde
In hulle geheue sal hê

My kinders
Daarvoor is vryheid nodig
Die vryheid
Soos aan die kruis behaal

Daarom My kinders
Wil Ek ook net vra
Hou op om ander mense af te breek en sleg te sê
As hulle pad nie soos joune lyk

Ja sê Abba Vader
My hart is om almal by totale vryheid uit te bring
Maak jy net seker
Dat jy naby My bly

Ja My liefste kind
Seun, dogter
Wees altyd oop om My leiding te aanvaar
Waarheen dit ookal lei

Donker nag
Helder dag
Ek sal altyd
By jou wees

Hou aan om te verklaar
Dat jy in My Seun ‘n nuwe mens is
Sodoende sal die donkerte
Nie weer vashou-plek kry

As jy My liefhet
En ‘n pad van verhouding met My loop
Gaan jy meer en meer antwoorde
Vind My kind

Vir die goetertjies
Wat jou pla
Vir dit waarvoor jy
Nie altyd antwoorde het

Bly maar net altyd
Op ‘n plek My kind
Waar Ek jou
Meer van My kan leer

Ek sal vir jou oopbreek en wys
Dit wat jy moet weet
Solank jy net altyd My kind
‘n Leerbare gees het

Dis al wat Ek nodig het My kind
Om dikwels vir jou My Waarheid oop te breek
‘n Hart wat sê Vader wys my
Selfs al lyk dit niks soos wat ek gedink het

Ek is bereid om aan te hoor
Ek was dalk verkeerd
Want dit is wat dikwels met My kinders gebeur
Hulle dink net hulle is reg

Nee liefste kinders
Wees sag in die hart
Vra My wat die waarheid is
En wees net bereid om die pad saam te loop

Moenie jou doofhou
As daar iets is wat jy nie wil hoor
Nee My liefste kinders
Bly oop

Oop vir My waarheid
Oop vir My siening
En weet dat dit altyd My hart is
Om jou dieper in die pad van vryheid in te lei

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s