Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Troon van Trots

Soveel kere wat Ek My kinders
Meer van My wil leer
Maar hulle wil nie altyd hoor
Dat My waarheid dikwels anders as hulle s’n lyk

Want ja sê Abba Vader
Dikwels het hulle vooropgestelde idees
Van hoe dinge is en moet wees
Dat Ek nie my voet in die deur kry

En julle moet verstaan kinders
Dat julle dit vir My ongelooflik moeilik maak
Bykans onmoontlik
Om dan tot julle deur te dring

Want ja sê Abba Vader
Het julle al mense gesien
Wat niks meer van niks anders wil weet
Omdat hulle reeds met alle wysheid in pag rondloop

My liefste kinders
Dis ‘n moeilike plek om te wees
Nie net vir My
Maar ook vir jou sê Abba

Ja My liefste kinders
As julle nie altyd oop is
Vir oortuiging deur My Woord en Gees
Hoe gaan dit dan werk?

Want My kinders
Ek kan julle net leer en vir julle
Meer van die waarheid en wysheid in My hart wys
As julle oop is om te ontvang

Iemand wat alles weet
Is hy ooit oop om te hoor hy was verkeerd?
Nie né My liefste kinders
So is dit ook met julle wat My nie ‘n kans gee

Ek wil vra My kinders
Dat julle asseblief altyd
Nederig van hart sal bly
Moenie ooit dat trots ‘n troontjie daar bou

Wees bereid om te erken
Jy was verkeerd
As dit nodig is
As Ek jou daarop wys

My kind
Ek doen dit rerig nie net om vir jou te wys
Dat Ek slimmer is
Maar omdat Ek omgee

Ja My kind
Dis omdat Ek weet
My waarheid altyd mooi is
En dat dit vir jou LEWE gaan meebring

So dis maar al wat Ek vra
Vertrou My hart
Wees altyd oop vir dit
Wat Ek – en nie mense – jou wil leer

Ja sê Abba Vader
Partykeer werk Ek deur mense
Partykeer werk Ek deur My Woord direk aan jou
Maak nie saak, is jy bereid om te hoor?

Liefste kind
Jy van die wêreld ook
Hou jou hart sag
Met so ‘n hart kan Ek baie mooi werk

Wees bereid om te sê
Ek was verkeerd
Wees bereid om te erken
Ek het toe nie alles geweet

My kind
Dis al wat Ek eintlik nodig het
‘n Leerbare gees
o Die mooi dinge wat op hom wag

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s