Lofprysing, Oorgegee

Oe-la-la!

Grote God
U liefde is so standvastig
En getrou
Pappa ek wil net dankie sê

Dankie vir wie U is
U liefde is so trou
U genade rotsvas
Pappa dankie, uit my hart … die diepste dankie

Grondvas en getrou
Grote God
Dit is wie U is
Wie kan ooit-ooit met U vergelyk

U maak my hart so bly
U maak hom so vol hoop
Dit is hoekom ek U wil vra
Om rerig veraltyd daar te bly

Nee Abba-Vader se kind
Ek sal nie wegloop nie
Abba-kind Ek is ‘n getroue God
En daar is niks wat My hart so verbly as om net in joune te bly

Abba se kinders
Pappa se kinders
Ek glo in julle
Ek wil hê en rerig vra dat julle dit sal begin weet

Vra na die diep drome
In My hart
Die groottes
Die wat Ek gedroom het oor jou

Kinders My geloof is so so groot
Wanneer dit by julle kom
Ek weet My kinders ons kan die onmoontlike doen
Jy is gemaak daarvoor 🙂 onthou

Pappa se kinders
Liefste engel-kinders
Pappa glo in julle, kom
Dit is die potensiaal in julle met wie Ek praat

Julle mag en kan My nooit uit oog verloor
Nee My liefste kinders
Julle is gemaak vir dinge en drome
Baie groot

Pappa sê My liefste kinders
My hart word so ongelooflik bly wanneer julle daarna begin vra
Oe Ek raak so opgewonde
Oe Ek is so bly

Kinders, kinders
Liefste kinders
Jippie, jippie, jippie
Ons gaan groot en wonderlike dinge doen My kinders

Julle gaan sien
Dit gaan julle so verstom
Julle gaan in skok staan sê Abba
Groot verbasing wanneer julle die dinge begin sien gebeur

Oe-la-la kinders
Oe-la-la
Pappa is so opgewonde vir julle part
Ek wil skoon gil net soos ‘n verspotte kind

Oe-la-la, oe-la-la
Sê Pappa
Ek word sooo bly
Al wat Ek nodig gehad het was jou ja

Dankie My liefste kind, dankie
Julle ja’s beteken altyd vir My so baie
Ek kan so daarmee werk My liefste kinders
Veral wanneer julle dit met heel julle harte bedoel

Pappa se kinders
Ons is in vir ‘n ding
Julle gaan so sien!
Wêreld ons gaan julle wys

Hier kom ons kinders
Hier kom ‘n ding
Jee-ha
Jee-ha

Halleluja, Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s