Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Fietsry saam met Pappa

Al wat Ek nodig het
Is kinders wat glo
Waarlik glo
Ek kan so baie doen deur kinders wat rerig glo

Pappa sê My kinders
Die onmoontlike
Dit is wat Ek doen deur mense
Wat vra na My

My wil, My manier
Pappa se kinders
Hoor My asseblief
Dit bly altyd die heelbeste

Genade so groot
Ons Pappa is so groot
Ek is so bly
Ek het vir U ja gesê

Ja Pappa
Partykeer is dit moeilik
Dikwels moeilik
Om die pad saam met U te loop

Tog is en bly ek
So dankbaar
Dat ek deur U genade
Kan bly dankie sê

Dankie vir genade-groot
Dankie vir kom-haal
Pappa dankie dat U goed is
En so baie groot

Pappa my hart
Kan en wil nie genoeg van U hê
Pappa dis omdat U so mooi is
Elke keer raak ek net meer verlief

Die kere wat dit moeilik raak
Is ek so so bly
Dat ek U naby my kan hê
En Pappa dat U rerig so diep baie omgee

Ja so baie dikwels
Wat ek my vrede verloor
Omdat ek nie na U bly kyk
Pappa ek wil dit nie ooit weer doen

Nee help my asseblief
Liefste Pappa-God
Om na U te bly kyk
Die grote God, Skepper van die heelal

Pappa U is so groot
Die kere wat ek dit uit oog verloor
Tuimel ek so goed vorentoe
Neus 1ste teen die vloer

Dankie liefste Pappa, dankie
Dat U altyd weer so gou is
Om op te help
Nes ‘n wafferse kind wat saam haar pappa leer fietsry

Vorentoe tuimel
Kante toe tuimel
Oe U kinders doen dit so gereeld
U weet altyd alreeds voor ons val

Liefste Pappa
Dankie dat U altyd so gereed is
Om ons weer op die fiets te tel
En te sê gaan My kind, gaan probeer weer

Pappa sal jou dophou
Liefste kind
Pappa sal nie toelaat dat jy verdwaal
Of altyd val

Nee My liefste kind
Die kere wat jy dink
Kan ek nie net maar lê
Is Ek altyd weer meer as gereed om jou op jou fiets te tel

Gaan doen dit
My liefste kind
Gaan doen hierdie fietsren van die wêreld
En weet Ek is by jou

Pappa is by jou My kind
En My oë sal Ek altyd op jou hou
Dit kan jy maar altyd weet
Net weer opklim, aanhou probeer

Saam sal ons hierdie resies
Ore aansit My kind
Jy hoef nooit
Bang te wees

Pappa weet jy is goed genoeg
Pappa weet jy kan dit doen
Nou moet jy net opklim
Ry My kind, trap, trap tot jy daar bo kom

Ja dikwels is die bulte steil
Dikwels sal jy dink ek kan nie meer
Tog My liefste kind
Moet jy nooit uit oog verloor

Ek is die Een
Wat met My groot en sterke hand
Jou lewensfietsie
Teen die bulte bly uitstoot

Ja My liefste dogter
Ja My kind
Jy kan dit doen
Jy kan

Selfs al val jy dikwels
Selfs al voel jy nie altyd lus vir weer-probeer
Probeer altyd weer
Net nog ‘n keer

Ja My kind, ja
Ek glo in jou
En Pappa wil hê jy moet weet
Ek IS by jou elke liewe tree

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s