Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Swem in Genade

Halleluja
Prys die Naam van die Here
Verewig wil ek sing Abba-God
Want U my God is groot!

Lieflik en mooi
Is die lofsange
Wat die engele voor U Troon sing
Gereeld wonder hulle kan ons God meer bemin?

Skaars kan dit moontlik wees
Liewe God
Hoe kan U so goed wees
So groot, so wonderlik

Pappa ons harte wil net kom sing
Van liefde en vreugde baie bly
Ons is sooo bly
Dat U in ons harte woon!

Liewe Vader
U maak die lewe soveel mooier
Soveel groter
Net omdat U in hom is

Alreeds lank voor tyd
Het ons aan God behoort
Dit is wat ons harte bly sing
Vandat ons U die dag vind!

Abba-God ons is rerig gemaak
Om U te aanbid
Om U te vind
Om U lief te hê

Pappa
Hoe kan ons genoeg dankie sê
Die vreugde wat in ons harte woon
Net omdat U dit bewoon

Pappa dankie
Dankie vir die huis
Wat U gebou het in my hart
Verewig wil ek dankie sê dat ek aan U behoort

Pappa se kind
Seun, dogter
Kom nader
Pappa wil julle soveel meer vertel

My liefste kind
Dogter, seun van My hart
Kind Ek het julle lief gehad
Lank voor tyd

Voor tyd My kinders
Het Ek julle liefgehad
En bepaal
Dat julle My sou kom moes vind

Pappa se kinders
Liefste kinders van My hart
Hoor My gebed
Pappa vra sal jy naderkom

Nader My liefste dogter
Seun van My hart
Julle kan nooit sê Pappa
Te naby aan My hart wees

Kind My hart is groot
Hy wag vir jou om in hom te kom klim
Verlore sal jy maklik in hom raak
Kind hy is groot

Die skatte wat daarbinne lê
Is ontelbaar diep
Diep kinders
Wonderlik en so mooi

Pappa se kinders
My kinders
Pappa vra dat julle sal kom delf
Dat julle hulle sal begin soek

Liefste kinders
Julle moet nooit ooit bang wees om nader te kom
Liefste kinders
Pappa wag vir julle, Ek wag so vir julle

Kom asseblief nader
Kom vra na My hart
Kinders dieper en meer
Dit is wat Ek julle wil wys

Kinders Ek wil vir julle gee
Meer as waaroor julle kan droom
Soms is Ek net so teleurgesteld
Want daar is so min van julle wat vra na meer

Liefste kinders
Pappa se kinders
Konstant is dit Ek besig om julle nader te nooi
Kan julle nie sien?

Pappa se kinders asseblief
Groot is Ek
Julle God
Julle Koning

Ek is waardig
Al die gesoek van die wêreld
Sê God
Van My kan geen niemand ooit genoeg kry

Liefste kinders
Asseblief
Kom hoor My hart
Kom klim in hom

God se kinders
Luister asseblief wat Pappa vir julle sê
Kinders Ek hoor julle hart
Sal julle asseblief Myne hoor?

Pappa se kinders asseblief
Lê net ‘n bietjie neer
Sit net ‘n bietjie opsy
Dit wat ons 2 se tyd saam steel

Liefste kinders
Asseblief
Pappa se kinders
Luister asseblief vir My

God se hart is groot
My hart God se kinders, My hart
Wil julle nie vir ‘n slag
Asseblief ‘n bietjie ja vir hom sê

God se hart
Pappa se kinders
Luister asseblief vir My
Kom nader, kom nader aan My hart

God se kinders
Pappa se kinders
Ek wag vir julle
Kom sê Pappa-God, kom

Liefde My liefste kinders
Vir liefde is julle gemaak
Hoekom hou julle aan om dit nie te vind
Liefste kinders die wêreld, sy kan net probeer

Ja sê Pappa-God
Kinders sy kan net probeer
Die liefde wat sy vir julle gee, uitdeel
Kinders dit is superficial, dit is nie die ware deal

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Ek nooi julle nader sê Pappa
Nader aan My hart

God is groot
Dit sê julle gereeld
Ons glo dit
Ons weet dit

Pappa se kinders
Hoekom kom soek julle
Dan nie na die dieptes
In julle Pappa se hart nie

My kinders
Weet asseblief
Pappa wag vir julle
Ek wil hê julle moet kom vind

Ek is hier om julle nader te nooi
Sê Pappa
Altyd-altyd nader
Liefste kinders kom asseblief

God se Gees
Pappa se kinders
Wil meer in julle harte woon
Sal julle asseblief ja sê?

Ja My kinders, ja
Kom asseblief
Pappa wag vir julle
Ek wil hê julle moet vind

Kinders van My hart
Kom nader
Kom droom asseblief saam met My
Drome baie groot

Liefste kinders
Dit is rerig tyd sê Pappa-God
Dat julle begin glo
Julle was gemaak vir meer

Julle is gemaak vir meer
My kinders
Vir My en God se Koninkryk
Julle is hier om groot verskil op aarde te maak

Liefste kinders
Ja sê Pappa, ja
Begin glo in jouself soos Ek in jou glo
Sê Pappa-God

Ja sê Abba
Ja dit is so
Dit is hoe julle vind
My kind die waarde van jou

Liefste kind
Kinders van My hart
Ek nooi julle nader
Kom, kom ontdek My hart

Soveel dinge sal en kan Ek verander sê Pappa-God
Kinders as julle net wou begin ja sê
Vir alles in My hart
Kinders Ek wil, Ek wil

Moenie as buitestaanders bly staan nie
Sê Abba-God
Nee My kinders asseblief
Klim knie-diep in My rivier van genade

Pappa se kinders
Pappa se kinders
Die strome is diep
Hulle wil julle meesleur

Sê ja sê Pappa-God
Sê ja vir alles
My kinders
Wat Ek voorberei het vir julle

Pappa se kinders
Dis soveel kere wat julle
As toeskouers bly staan
En net toekyk

Nee My liefste kinders
Pappa wil vra
Asseblief moet dit nie meer doen
Met God se Gees in jou My kind kan julle die onmoontlike vermag

Hoeveel van julle glo dit
Sê Abba-God
Rerig?
Erig?

Kinders sien dis die ding
Daar’s te veel van julle wat dit sê
Maar glo My kinders
Dit is so min

Nee My liefste kinders, nee sê Pappa-God
Ek wil hê julle moet inspring in die rivier van My genade
Ek wil hê julle moet swem
Moenie dat enige iets maak dat julle met minder tevrede is

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Ek fluister baie gereeld in My kinders se ore
Julle is gemaak vir meer

Begin dit glo
My liefste kinders
Begin dit glo
Asseblief

Pappa is so lief vir julle
En Ek gee om
Diep
Diep My kinders, diep

Die Pappa van julle se hart
Is altyd om die beste
Vir Sy kinders te gee
Is dit nie ook vir julle so?

Ja sê Pappa-God
Ja My kinders
Julle weet, julle verstaan
Hoe dit is om julle kinders lief te hê

Ja sê Pappa-God
Ja vir My is dit presies dieselfde
Daar is niks sê Pappa-God
Wat Ek My kinders wil ontsien

Ja sê Pappa-God, ja
Ek verstaan
Dikwels is dit vir julle moeilik om te verstaan
Hoe Ek te werk gaan

Liefste kinders
My prentjie is groter
My weë is hoër as julle s’n
Asseblief sal julle glo

Ja asseblief glo sê Pappa
Dat Ek die beste vir julle wil hê
En kort voor lank sê Abba-God
Sal julle dit self sien

Kinders julle moet asseblief
Nie in verkeerd-glo vasgekoek sit
Pappa weet wat julle nodig het
En Ek sal dit vir julle gee

Asseblief My kinders
Asseblief
Glo dit en weet
Ek kom deur vir julle

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s