Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Glo en sien!

Die krag van glo
Sê Pappa-God
Dit kom van My af
En dit is baie groot

Liefste kinders
Julle moet begin sien
Dit wat julle so graag wil hê
Moet op aarde gebeur

Ja sê Pappa-God
Daar is vele gelowe
Wat hierdie beginsel aanlê
Maar hulle het dit by My aangeleer

Liefste kinders
Julle moet glo dit wat julle wil sien gebeur
Ja sê Pappa-God
Glo en dan sal jy sien

Kan Ek jou vra
Sê ons liefste Pappa-God
Om te begin glo
Dat Ek jou waarlik liefhet?

Ja sê Pappa-God
Met ‘n liefde baie groot
Jy moet dit begin glo My kind
Dan gaan jy al hoe meer oorwinning in jou lewe begin sien

Liefste kinders
Pappa se kinders
Glo My asseblief
Wanneer Ek vir jou sê dat Ek jou liefhet

Liefste kinders
Alle oorwinnings op soveel plekke
Hang af van hierdie waarheid
Wat julle diep julle eie moet maak

Liefste kinders
Asseblief
Begin dit glo en sien
Hoeveel kettings om jou voete losbreek

Te veel kinders
Sê Abba-God
Wat My probeer beindruk met verdienste
Wat My probeer beindruk met wat hulle doen en sê

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle is God s’n
En Ek sien wat in julle harte gebeur

My liefste kinders
Ek kan die bedoelinge sien waarmee julle dinge doen
En dit is partymaal
Wat My die minste beindruk

Ek wil hê julle moet begin glo
Pappa-God se kinders
Dat Ek julle harte kan sien
En dat Ek regdeur daarna kyk

Pappa se kinders
My kinders
Ek kan sien die bedoelinge
Wat leef in julle hart

Begin eerder kyk daarna vra Abba
Om My te eer in die manier waarop jy andere hanteer
Ja sê Pappa-God
Dit is hoe ons rerig weet

Liefste kinders
Pappa se kinders
Dit help nie julle probeer My altyd eer met wat julle doen en sê
Maar die mense om julle kan julle nie reg hanteer

Dit is die ware toets
My liefste kinders
Om te weet
Leef Ek in jou hart

Pappa se kinders
Ek wil vir julle vra
Dat dit vir julle belangrik sal begin word
Om mense te hanteer soos Ek sou

Ja sê Pappa-God
Dit is al waarvoor Ek vra
Ek in julle
Kompleet

Pappa-God se kinders
Begin dit asseblief meer weet
Met God se Gees in julle
Kan julle triomfeer

Ja sê Pappa-God
Ja julle kan My kinders
Julle moet net bereid wees
Om die eie ek neer te lê

Ja sê Pappa
My kinders
Dit is wat meeste kere in julle pad staan
Om My te eer

Julle harte wil
Maar julle kry net nie vir die vlees nee gesê
Ja sê Pappa-God
Ja dis die probleem

Julle sal verbaas staan sê Abba-God
Oor die krag wat in julle opstaan
As en wanneer julle begin nee sê
Vir die wêreld se begeerlikhede

Kinders dis eenvoudig
Sê net nee
Ja sê Pappa-God jy hoef nie ja te sê
Vir alles wat sy voor jou deur kom neerlê

Pappa-God se kinders
Luister asseblief vir My
Pappa vra
Kom na My, net soos wat jy is

Dis My hart sê ons liefste Pappa
Om julle te leer
Meer en meer
Hoe mooi My weë daarna uitsien

Kinders van Pappa-God
Dis al waarna My mooiste paaie lei
Lewe en soveel hoop
Julle harte sal oorloop

Pappa se kinders
Konstant, konstant, konstant
Is Ek besig om deur My kinders
Hoop aan hierdie wêreld te gee

Liefste kinders
Kan julle dit nie sien
Hoe kan julle dit miskyk
Dis wat Ek graag wil weet

Kinders ons is oral
Oral sê Pappa-God
Of dit nou is om die boemelaar op straat kos te gee
Of om die hoop in hulle te deel

Kinders ons is oral-oor
My kinders is konstant besig
Om deur My krag en genade
Hoop aan hierdie wêreld te gee

Ek is so trots op My kinders
Sê Pappa-God
So trots op die wat altyd bereid is
Om van hulleself te gee

Om tyd op te offer
Om die lewe vir ander beter te maak
My kinders dankie daarvoor
Pappa-God is so trots op julle

Ek sê dankie sê Pappa-God
Aan My kinders
Wat altyd bereid is
Om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak

Kinders van Pappa-God
Baie, baie dankie daarvoor
Pappa-God is so trots op julle
Sê altyd dit is My kinders daai! 😉

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s