Liefde so groot

Een in Jesus

Ons God is so groot
Lieflik en mooi in al Sy weë
Skoon en rein
Daar is net niemand soos Hy

Hoe meer ek
Ons Pappa-God leer ken
Hoe meer is dit asof ek
Hom net liewer kry

Oe hierdie Pappa-God van ons
Is so mooi
So mooi, so mooi
Ek kan nie genoeg van Hom kry

Beste Pappa in die hele wye wêreld
Dankie dat ons U kinders U kon liefkry
Die hoop en vreugde wat U kom aansteek het in my
Dit maak my altyd so bly

Pappa-God se kinders
My kinders
Dankie dat julle My so baie liefhet
Dankie dat julle nie genoeg van My kan kry

Dit is altyd vir My so mooi
Sê ons Pappa-God
En Ek waardeer dit so geweldig
As Ek die spesiaalste plekkie in jou hart kan kry

Liefste kinders dankie
Pappa-God sê dankie
Dankie dat julle My liefhet
En elke dag nog ‘n stukkie liewer kry

Pappa se kinders
Julle besef dit nie sê Pappa-God
Maar dit is so wat Ek nodig het
Om die mooiste vrugte aan jou lewensboom te laat groei

Ja sê Pappa-God
My kinders
Dis al wat Ek nodig het
Vir jou lewensboom om die mooiste vrugte te dra

Liefde vir My
Sê Pappa-God
Liefde vir My se vrugte
Lyk en bly altyd mooi

My kinders Ek is so bly
Oor die vreugde wat julle uit hulle pluk
Dit beteken
Ek het die beste vir julle voorberei

Sien My liefste kinders
Pappa het geen moeite ontsien
Die dag toe Ek julle geformeer het
En in julle moeder se skoot geplaas het

Nee My liefste kinders
Pappa-God het Sy allerbeste gedoen
Sy allerbeste
Die dag toe Ek die liefde tussen jou en My gemaak het

Pappa-God se kinders
Ek het gemaak
Dat jy volmaaktheid ontvang
Die dag wat jy My innooi

Ja sê Pappa-God, ja
My liefste kind
Van dag een af sê Pappa-God
Wat My hart en jou hart roep na mekaar

Ons is gemaak om mekaar te vind
Liefste seun en dogter
En elke dag word hierdie eenheid meer werklik
Soos ons nader aan mekaar bly groei

Ja My liefste kinders
Pappa se kinders
Dis hoekom Ek altyd vra
Kom nader My liefste kinders, kom nader aan My hart

God se kinders
Pappa se kinders
Luister asseblief vir My
Weet jy wie Ek is?

Jou ewige Abba-Vader
Die een wat jou liefhet
Die een wat omgee vir jou
Soos niemand nog ooit het of ooit gaan

Pappa se kinders
Asseblief
Luister
Luister en kom

Pappa lief julle met ‘n ewige
En so groot liefde
Kom, kom ontdek
Wie jy is in My

My liefde vir jou is groot
Oneindig groot My kind
So so groot
Kom nader My kind, kom nader aan My

Pappa-God se kinders
My hart is groot binne My
Kom vind, kom vind
Kom vind

Soveel perfekte liefde
Wat in jou hart bly intrek
Die dag wat jy My innooi
En nooit nie ophou groei in My

Kind dankie
Dankie daarvoor
Pappa sê trots dankie
Want Ek weet jy het jouself gevind in My

Een was ons van die Begin
Een was hoe dit nog altyd moes wees
Een My kinders
Ek en jy in My Seun

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s