'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Hoop op die ashoop

Weet julle kinders
Vra Abba-God
Dat Ek so graag wil hê
Julle moet in My hart kom woon

Daar is niks wat Ek meer begeer
Of wil hê
Julle moet meer doen
As presies net dit

My liefste kinders
Kinders van My hart
Ek wil vra dat julle elke dag
Dieper en meer na binne sal kruip

Ja sê Abba-Vader
Daar is skatte baie groot
Wat op julle wag
Moet nooit dink dat Ek op julle uithou

Julle ken My sleg
My liefste kinders
As julle dink
Dis iets wat gereeld by My gebeur

Nee sê Abba-God
My kinders
Julle ken My dan glad nie
Nie eers ‘n bietjie

Om te skimp
Wanneer dit by My kinders kom
Sê Abba
Dit is nie wat Ek doen, dit is nie wie Ek is

God se kinders
My kinders
Weet julle, glo julle
Dat Ek vir julle net die beste instoor hou

Ja sê Abba-Vader
Baie kere wat My kinders verskriklik swaar kry
En dan dink hulle gereeld
Weet God van my?

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil julle aanmoedig om altyd te weet
God is naby

Ja My liefste kinders
Daar is niks
Waarvan julle Pappa in die hemel nie weet
Geen stukkie ongeregtigheid gaan ooit by My verby

Ja sê Abba-Vader
My kinders
My hart is altyd
Om by julle rekening by te voeg

Selfs al is dit nie iets
Wat altyd gebeur
Selfs al is daar omstandighede buite My beheer
Wil Ek vra dat julle moedhou

Ja sê Abba-Vader
Dis omdat Ek in My hand hou
Die glas wat weer na goedheid kantel
Ja sê Abba-Vader Ek kan alles draai na goed

Ja sê Abba-Vader
Ek het die vermoë om die slegste sleg
Vir goed te draai
Vir die wat in My glo

My liefste kinders
Het julle nog nie gesien of geleer
Maar met My
Kry Satan nooit die laaste sê

Ja sê Abba-God
Baie kere wat Hy probeer
Om My uit te oorlê
Tog is Ek altyd een voor

Kinders van My hart
Pappa wil altyd vra
Dat julle nooit in ‘n hopie van moedeloosheid
En hopeloosheid sal gaan bly sit

Ja My liefste kinders
Dis al hoe Satan kan wen
As hy My kinders kan kry
Om hulle aan sy kant te skaar

Nee My Kinders
Kinders van Pappa-God
Ek het julle aan die wenkant nodig
Saam met My

Kinders van My hart
Geloof is al wat Ek nodig het
Om dinge vir beter te draai
In jou en elkeen anders se lewe

Ja sê Abba-God
My kinders
Ek glo en weet
Julle weet Ek weet die beste

My kinders asseblief
As moed-verloor se vlakte baie kere vir julle baie naby lyk
Wil Ek vra nee
Hardloop vir hom weg

Jy hoef nooit ooit My kind
Op moed-verloor-se-vlaktes te gaan sit
As Ek jou God wat alle antwoorde besit
Altyd naby is

Nee My liefste-liefste kinders
Pappa vra
Skaar julleself by My
Die wenkant wat nie kan verloor

Ja sê Pappa-God
My kind jy kies altyd
Die keuse is altyd joune
By wie gaan jy jouself skaar

Kind van Abba-God
Bly asseblief na My kyk
Die Ewige God
Die Een wat nie op die ashoop sit

Dit is Satan
Dit is altyd sy manier om van julle te steel
Om julle hoop weg te vat
Sodat julle nie meer kan glo

Asseblief moet hom nie daai kans gee
Ek HOOP is altyd hier
Kom sit eerder by My
Ek kan nooit moed opgee

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s