Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Sirkels

Glorie aan die Ewige God
Die Koning
Die Skepper
Van die groot heelal

Liefste kinders
Daar is niks wat Ek nie kan doen
Julle sê dit gereeld
Maar glo dit nie genoeg

Kinders van My hart
Mag Ek vra
Hoekom is dit so
Nee My kinders moet asseblief nie so maak

Pappa se kinders
Kinders van My hart
Ek vra julle so gereeld
Kom net nader aan My hart

Hoekom is so min van julle
Bereid om dit te doen
My kinders asseblief
Kom nader, nog nader aan My hart

Ek wonder
Hoeveel kere gaan Ek nog moet vra
Voordat julle verstaan
Voordat julle begin sê ja

Liefste kinders
Nader
Kom asseblief nader
Aan My en als voorberei

My liefste kinders
Asseblief
Begin vra na die
Mooi dieptes in My hart

Liefste kinders
Daar is soveel van My
Wat nog onontdek lê en wag
Tog bly julle dink julle het alreeds alles omtrent My uitgevind

My liefste kinders
Julle is besig om My te onderskat
Julle is so verkeerd
In julle opname en aanname

Kinders van My hart
Asseblief sê nee
Sê nee wanneer die wêreld
Julle met leuens oor My wil verlei

Pappa sê My liefste kinders
Ek weet nie
Julle het seker al agter gekom
Soveel van die goed wat hulle sê is net nie waar

Ja sê Pappa-God, ja
My liefste kinders
Hierdie wêreld is so verkeerd oor My
Ek wens hulle wou begin reg glo

My liefste kinders
Asseblief
Ons moet die mense van die wêreld
Begin reg leer

Ja My liefste kinders
Ons kan nie net aangaan
Hulle toelaat om die kinders wat nog nie aan My behoort
Verkeerd te leer

Ja sê Pappa-God
Nee My liefste kinders
Ons moet hierdie wêreld
Die waarheid leer omtrent My

Dit is hoekom soveel mense verlei word
My liefste kinders
Dit is hoekom soveel mense
Nie kan onderskei tussen reg en verkeerd

Ja sê Abba-God
Daar is so min van julle
My kinders
Wat waarlik staan vir LiG

Ja My liefste kinders
Dit is vreesaanjaend sê Pappa
Maar dit is hoe dit is
Selfs van My eie kinders wat die sleg bly goedpraat

Pappa sê nee
Hy vra My kinders
Sal julle bereid wees om eens en vir altyd
Standpunt in te neem vir die waarheid

Ja sê Pappa-God, ja
Asseblief My kind
Begin staan vir Waarheid
Die Waarheid soos in My hart

My liefste kinders
Asseblief
Begin besluit
Stroom-op of stroom-af

My liefste kinders
Daar is soveel van julle
Wat die wêreld
Ook nog gelukkig wil hou

Nee My liefste kinders
Pappa vra
Gaan ons opstaan vir wat reg is
Soos in My – julle God – se hart

Sien sê Abba-God
My kinders Ek verstaan
Daar is baie ‘waarhede’ wat julle wêreld vollê
Tog is daar net 1 Waarheid wat die toets van Tyd sal deurstaan

Ja My liefste kinders
Pappa-God sê
Daar is net 1 waarheid
Dis die waarheid in julle Pappa se hart

My liefste-liefste kinders
Pappa weet dat julle somtyds verdwaal
Julle verdwaal tussen die wêreld
En al haar verkeerd

My liefste kinders Pappa is hier
Om vir julle rigting aan te dui
Ja My liefste kinders
Net soos die padtekens op julle paaie

Ja My liefste kinders
Pappa weet
Wanneer ‘n doodloopstraat
Al is wat vir jou voorlê

Ja My liefste kinders
Pappa weet en besef
Wanneer jy jou in ‘n Cul-de-Sac bevind
En net die hele tyd in ‘n sirkel draai

My liefste kinders
Pappa is hier om julle die weg aan te dui
Ja My liefste kinders
Pappa weet verdwaal is maklik wanneer jy nie die regte pad ken

Dit is hoekom My liefste kinders
Die Padkaart van My Woord
So uiters noodsaaklik is
Vir elkeen wat hom ‘n kind van God bly noem

Ja My liefste kinders
Sien
Die Woord is altyd daar
Om die verdwaaldes terug te bring huis toe

Ja sê Pappa-God
Ek weet dat baie van julle
Dit as ‘n tik op die vingers ervaar
Wanneer Ek julle ‘n nuwe rigting deur My Woord aandui

Pappa-God se kinders
Dis nie veroordeling nie
My kinders dis julle Pappa
Wat julle veilig by My huis wil uitbring

Ja sê Pappa-God
My kinders
Dis dikwels Satan se hart
Om julle te verlei met wat hy sê

Ja My liefste kinders
Hy wil nie vir julle sê
Dat dit God se liefde is
Wat jou buite gevaar wil hou

Hoekom sê hy dit nie vir julle nie
Wonder Ek altyd
Dis omdat hy ons verhouding wil versuur
Dit is altyd sy hart

Hoekom My kinders
Pappa vra hoekom is julle altyd so bereid
Om na sy stories te luister
Wat julle maak-verdwaal?

My liefste-liefste kinders
Pappa vra asseblief
Kom vertrou ‘n bietjie meer My hart
Kom vertrou dat Ek rerig net die beste vir jou wil hê

Pappa se kinders asseblief
Dis omdat Ek weet
Julle Pappa-God
Waarheen al sy slim padjies lei

Liefste kinders
Na die afgrond
Na die dood
Soveel van My kinders wat nog verdwaald gaan rond-dwaal aan die einde

Liefste kinders
Pappa vra julle asseblief
Kom nader aan My hart
Kom vind die regte pad

Daar is net 1 pad na die Kruis
My liefste kinders
Asseblief luister vir My
Maak seker jy loop op hom

1 Pad wat jou huis toe gaan bring My kind
1 Pad
Jesus Christus as Verlosser en Heer
Die een waar jy My elke dag beter leer ken

Ja My liefste kinders
Dis al wat Pappa vra
Leer My stem ken bo al die ander stemme
Wat daagliks in hierdie lewe vir julle bollie vertel

My liefste kinders
Asseblief
Pappa vra kom na My
Doen soos Ek van jou vra

My liefste kinders
Ek vra so gereeld
Want Ek gee om
Rerig-rerig om

Dalk sal die met kinders onder julle
Beter verstaan
Is dit rerig so
Gaan jy jou kind toelaat om te verdwaal?

Ja sê Abba-God
Ek verstaan
Kinders moet hulle eie lesse leer
Tog is dit makliker gevra

Julle weet hoe duur
Party lesse is My kinders
Julle weet
Hoeveel kere kom spyt te laat

Ek wil ook net nie hê
Dat My kinders verdwaal en seerkry
Want Ek kan nie net toekyk en sien
Hoe hulle oop oë oor ‘n afgrond tuimel

Nee My liefste kinders, nee
Nou vra julle baie
Soos enige aardse ouer wat lief is vir sy kind
Sal Ek ook alles in My vermoë doen om My kind te beskerm

Laat weet My die dag as jy dit regkry
Asseblief liewe ouer
Die dag wat jou kind se seer, pyn en lyding
Nie meer vir jou saak maak

Ja daai dag sê Pappa-God
Sal julle My iets nuuts leer
Daai dag sal julle vir My leer hoe dit is
Wanneer ‘n pappa en mamma nie meer omgee wat met sy kind gebeur

Ja sê Pappa-God Ek weet
Baie van julle het julle kinders al weg-geja
Tog is daar iets in julle wat bly hoop
Dat hy of sy hulle les sal leer

Ja My liefste kinders
Dis maar al
Wat Ek julle vra
Om ook nou te doen

As jy My kind is
Sê Pappa-God
Wat leuen nie van die waarheid kan onderskei
As jy die een is wat verdwaal op al die verkeerde paaie

Kom terug My kind
Asseblief
Kom terug
Dis lank genoeg dat jy bly verdwaal

Ek ken die ouers se harte
Sê Pappa
Wie se kinders so gereeld
Tussen al die verkeerd van die wêreld verdwaal

Ek ken julle harte
Sê Pappa-God
Ek het empatie
Want dit is op soveel plekke ook Myne

Hou aan bid My kinders
Pappa en mamma
Van verlore kinders
So kan ons hulle saam inbring

Moenie opgee nie
My liefste kinders
Julle wat bid vir mamma, pappa
Seun en dogter wat bly verdwaal

Bid, bid, bid
Sê Pappa-God
Gebed dra krag
Maak nie saak wie wat sê

Gebed dra krag
My kinders
Soveel, soveel krag
Dit is wat Pappa-God sê

Saam sal ons aanhou tot die einde
Ek wat stry vir My kinders
Jy vir joune
Ek is so bly en dankbaar jy verstaan nou My hart

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s